Aankondigings
● Lektuuraanbod vir Mei: Wagtoring-intekening teen ’n bydrae van R16,00 vir halfmaandelikse uitgawes. Jaarintekeninge op maandelikse uitgawes en halfjaarlikse intekeninge op halfmaandelikse uitgawes kos R8,00. Junie: Die mensdom se soeke na God teen ’n bydrae van R3,75. Julie en Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye teen ’n bydrae van 75 sent elk: Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Die goddelike naam wat vir ewig sal bestaan, “Kyk, Ek maak alles nuut” en Jy kan vir ewig op die aarde lewe!
● ’n Pakket van hofbesluite en inligting is beskikbaar oor die reg van Jehovah se Getuies om toesig oor hulle kinders te hê of om hulle te besoek wanneer ’n toesig-, egskeiding- of besoekregsaak teen ’n Koninkryksverkondiger aanhangig gemaak word. Die liggaam van ouere manne kan hierdie inligting by die Genootskap kry. Wanneer die betrokke verkondiger die inligting ontvang, sal hy die Genootskap moontlik vir die posgeld wil vergoed. Die pakket bevat besluite en gegewens oor Amerikaanse sake wat jy aan jou prokureur moet gee voordat die saak in die hof voorkom, sodat die prokureur voorbereid kan wees op enige geskilpunte wat kan ontstaan. Die liggaam van ouere manne moenie hierdie inligting vir hulle lêers aanvra nie, maar moet dit net aanvra as ’n saak wel hangende is.
● STREEKBYEENKOMSTE: Dit is vir ons ’n genoeë om die datums, stede, tale en toegewese kringe vir ons “Liefhebbers van Vryheid”-Streekbyeenkomste vir 1991 bekend te maak.
27-29 September: Windhoek (tweetalige program in Afrikaans/Engels), Namibië, Kring 1A.
4-6 Oktober: Ongwediva (tweetalige program in Kwanyama/Ndonga, Portugees), Namibië, Kring 1B.
11-13 Oktober: Durban (Engels, Zulu), Kringe 4, 8, 51, 28, 29, 30, 31 (Zulu-afdeling), 45A.
Newcastle (Zulu), Kringe 22A (Oos), 23, 27, 42 (Noord), 45B.
Empangeni (Zulu), Kringe 24, 25, 26, 42 (Suid).
29 November–1 Desember: St. Helena (Engels).
13-15 Desember: Thulamahashe (Tsonga), Kringe 17, 18, 20.
Gaborone, Botswana (Engels, Tswana), Botswana, Kring 1.
Bloemfontein (tweetalige program in Afrikaans/Engels, Suid-Sotho), Kringe 41, 21, 52, 53 (behalwe Carletonville en Fochville).
20-22 Desember: Kaapstad (Afrikaans, Engels, Xhosa), Kringe 6, 10, 38, 48.
Johannesburg (Afrikaans, Engels, ’n bietjie Grieks, Portugees, Suid-Sotho, Zulu), Kringe 1, 2, 7A, 11, 12, 13, 40C, 49, 53 (net Carletonville en Fochville).
Lebowa-Kgomo (Sepedi, ’n bietjie Venda), Kringe 17 (Venda-, Sepedi-afdelings), 19, 46.
Mafikeng (Tswana), Kringe 14, 39, 47.
Maputo (Portugees, Tsonga).
Mdantsane (Xhosa), Kringe 34A, 36, 37, 43.
Port Elizabeth (Afrikaans, Engels), Kringe 5, 9.
27-29 Desember: Kanyamazane (Zulu), Kringe 18, 19, 20 (Zulu-afdelings).
Manzini (Zulu, ’n bietjie Engels), Swaziland, Kringe 1, 2.
Maseru (Suid-Sotho, ’n bietjie Engels), Lesotho, Kringe 1, 2.
Pretoria (Afrikaans, Engels, drietalige program in Sepedi/Suid-Sotho/Tswana, Zulu), Kringe 3, 7B, 15, 16A en B, 19 (Tswana-afdeling), 40A en B, 50, 22B (Noord).
3-5 Januarie 1992: Umtata (Xhosa), Kringe 31 (Xhosa), 32, 33, 34B, 35, 44.
● Nuwe publikasies beskikbaar:
My boek met Bybelverhale—Ndonga