Vraebus
● Hoe dikwels moet studente toewysings op die Teokratiese Bedieningskool hê?
Een van die hoofoogmerke van die Teokratiese Bedieningskool is om openbare sprekers op te lei. Dit is waarom die Teokratiese Bedieningskool-rooster daarvoor voorsiening maak dat die meeste toesprake aan broers toegewys word.
Maar nog ’n belangrike oogmerk van die skool is om Jehovah se hele volk op te lei om bekwame verkondigers en onderrigters in die Christelike bediening te wees. Daarom is dit gepas dat susters ook inskryf.
Om ten volle by die skool baat te vind, moet diegene wat ingeskryf het gereeld studentetoewysings ontvang. Daar word aan die hand gedoen dat elke student ten minste elke drie maande ’n toewysing moet hê. As plaaslike omstandighede dit toelaat, kan broers bykomende toewysings ontvang. Dit is nie nodig dat ouere manne wat gereeld instruksietoesprake hou en die Bybelglanspunte behartig ook studentetoesprake moet hou nie.
Die Teokratiese Bedieningskool help al byna ’n halfeeu lank miljoene om geestelike vordering te maak en leer hulle hoe om hulle beter uit te druk wanneer hulle die Koninkryksboodskap aanbied. Almal word aangemoedig om hierdie wonderlike voorsiening van Jehovah God ten volle te gebruik. Dit moet ons oogmerk wees om ons beproef voor God te stel, werkers wat hulle “nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny”.—2 Tim. 2:15.