Aankondigings
● Lektuuraanbod vir Junie: Die mensdom se soeke na God teen ’n bydrae van R3,75. Julie en Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye teen ’n bydrae van 75 sent elk: Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Die goddelike naam wat vir ewig sal bestaan, “Kyk, Ek maak alles nuut” en Jy kan vir ewig op die aarde lewe! September: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R7,50. Klein uitgawe kos R3,75.
● Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel word, moet die gemeenterekeninge op 1 Junie of so gou moontlik daarna ouditeer.
● Bydraebussies by die Koninkryksaal moet duidelik gemerk word. Wanneer jy bydraes maak, moet jy seker maak dat dit in die gepaste bussie geplaas word—vir Takkantoorboufonds, vir Genootskap-Koninkryksaalfonds, vir plaaslike gemeente se behoeftes. Dit sal nuttig wees as ouere manne die nodige aankondigings in hierdie verband kan doen. Dit is nie gepas dat enigiemand bydraes wat in die verskillende bussies geplaas is, herindeel nie. Dit is elkeen se eie verantwoordelikheid om aan te dui waarvoor hy die bydrae maak deur dit in die gepaste bydraebussie te plaas.
● Aan presiderende opsieners: Ons nooi julle om enige uitsonderlike ondervindinge in te stuur wat julle gemeente in die loop van die jaar geniet het, met inbegrip van ondervindinge oor hulppionierdiens en op tydskrifdag, 6 April 1991. Ons wil die beste uit ons veld vir die jaarverslag kies. Moet dit asseblief nie later as 1 Julie 1991 instuur nie.
● AANDAG ALLE GEMEENTESEKRETARISSE EN TYDSKRIFKNEGTE: Neem asseblief kennis dat alle bestellings wat op die “Distributors’ Order”-vorm (M-AB-202) gedoen word, onder andere spesiale bestellings en kontantbestellings, in veelvoude van vyf bestel moet word, in ooreenstemming met die instruksies, soos uiteengesit in die Wagtoring-Pryslysinstruksies, bladsy 13, paragraaf 40.
● UITNODIGING: Ons nooi gesinne en bekwame ouere manne om die volgende “Liefhebbers van Vryheid”-Streekbyeenkomste by te woon:
Windhoek, Namibië: Tweetalige Engelse/Afrikaanse program sal aangebied word. Bekwame sprekers is nodig vir albei tale.
Ongwediva, Noord-Namibië: Tweetalige program in Kwanyama/Ndonga en volledige Portugese program sal aangebied word. Portugeessprekende ouere manne word genooi om dit by te woon.
Gaborone, Botswana: Volledige Tswana- en volledige Engelse program sal aangebied word. Engelssprekende ouere manne word genooi, aangesien daar nie genoeg Engelse sprekers in Botswana is nie.
Port Elizabeth: Ons nooi Engels- en Afrikaanssprekende verkondigers om hierdie klein byeenkoms by te woon. Sprekers in albei tale is nodig.
Ouere manne wat graag enige van hierdie byeenkomste wil bywoon, moet aan die Genootskap skryf en hulle briewe deur die Gemeentelike Dienskomitee laat teken. Hierdie briewe moet ons nie later as 1 Julie 1991 bereik nie.
● Nuwe publikasies beskikbaar:
“Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig”, 1990-uitgawe (gemeente en publiek: R8,00; pioniers: R5,20)—Grieks, Portugees, Suid-Sotho, Zulu
● Weer beskikbaar in Suid-Afrika:
“Ondersoek die Skrif elke dag”—1991—Engels