Aankondigings
● Lektuuraanbod vir Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye teen ’n bydrae van 75 sent elk: Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Die goddelike naam wat vir ewig sal bestaan, “Kyk, Ek maak alles nuut” en Jy kan vir ewig op die aarde lewe! September: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R7,50. Klein uitgawe kos R3,75. Oktober: Intekeninge op die Ontwaak! of Die Wagtoring of op albei teen ’n bydrae van R16,00 elk vir halfmaandelikse uitgawes. Jaarintekeninge op maandelikse uitgawes en halfjaarlikse intekeninge op halfmaandelikse uitgawes kos R8,00. November: Die Bybel—God se woord of die mens s’n? (Engels: New World Translation of the Holy Scriptures saam met die boek The Bible—God’s Word or Man’s?).
● Almal wat met ’n gemeente omgaan, moet hulle intekeninge op Die Wagtoring en die Ontwaak! deur die gemeente hernieu. Die broer wat die intekeninge hanteer, moet seker maak dat die intekeninge elke week aan die Genootskap gestuur word. Dit sal ook help as bestellings vir persoonlike lektuur en ander benodigdhede deur die gemeente gedoen word pleks van individuele bestellings aan die takkantoor te stuur.
● Gemeentes moet begin om Jehovah se Getuies se kalender vir 1992 saam met hulle lektuurbestelling vir September te bestel. Die nuwe kalender sal besonder aantreklik en leersaam wees, aangesien dit foto’s van die Beloofde Land met illustrasies van verwante Bybeltonele kombineer. Die foto’s sowel as die gebeure sal vir ons meer betekenis hê. Die kalender sal beskikbaar wees in Afrikaans, Chinees, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Portugees, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu.
● Elke gemeente sal drie lektuurinventarisvorms ontvang en moet kampanjelektuur tel. Vul die vorms asseblief volledig in en stuur die oorspronklike nie later nie as 6 September 1991 aan ons. Hou ’n deurslag in julle lêers. Die derde eksemplaar kan as ’n werkstaat gebruik word.
● Gemeentes moet van 1 Augustus 1991 af ’n voorraad “Medical Documents” en “Identity Cards” op ’n lektuurbestelvorm (S-14) bestel. Hierdie kaarte moet nie onmiddellik uitgegee word wanneer hulle ontvang word nie, maar moet teruggehou word tot verdere kennisgewing oor wanneer hulle in die begin van die kalenderjaar aan die broers uitgedeel moet word.
● Nuwe publikasies beskikbaar:
“Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”, 1990-uitgawe (gemeente en publiek: R8,00; pioniers: R5,20)—Tswana, Xhosa
● Weer beskikbaar in Suid-Afrika:
“Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”, 1990-uitgawe—Duits