Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/91 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1991
Ons Koninkryksbediening—1991
km 12/91 bl. 7

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Desember: My boek met Bybelverhale teen ’n bydrae van R8,00. Januarie en Februarie: Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind? teen ’n bydrae van R2,60. Maart: Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! teen ’n bydrae van R8,00.

◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeenterekeninge op 1 Desember of so gou moontlik daarna ouditeer.

◼ Die presiderende opsiener moet reël dat nuwe “Medical Documents” en “Identity Cards” aan die begin van die derde Diensvergadering in Januarie uitgedeel word. Die broer wat die plaaslike aankondigings doen, kan die broers kortliks aan hulle gebruik herinner soos uiteengesit word in die brief van 1 Januarie 1990. Bring die brief vir ’n week of twee op die kennisgewingbord aan en bêre dit dan weer in die gemeentelike lêer vir toekomstige gebruik. Broers word aangemoedig om hulle kaartjies onmiddellik in te vul, en hulle by die Diensvergadering te onderteken en te dateer en hulle dan ook deur die betrokke getuies te laat teken. Dit is ’n jaarlikse reëling, en presiderende opsieners moet seker maak dat ouere manne hierdie reëling ná die vergadering deurvoer.

◼ As jy gedurende Desember met vakansie gaan, moet jy seker maak dat jy ’n rapport invul voordat jy vertrek, of jy moet dit pos. Pos dit vroeg genoeg aan jou gemeente, anders sal jy nie as ’n Koninkryksverkondiger vir die maand getel word nie.

◼ Die Gedenkmaal van 1993 sal ná sononder op Dinsdag, 6 April, gehou word. Hierdie vroegtydige kennisgewing van die datum van die Gedenkmaalviering vir 1993 word gegee sodat broers die nodige besprekings kan maak of kontrakte kan opstel vir beskikbare sale wanneer daar te veel gemeentes is wat een Koninkryksaal gebruik en hulle ander fasiliteite moet vind.

◼ Gemeentes kan nou die jaarteks vir 1992 bestel, wat teen R12,00 elk in die volgende tale beskikbaar sal wees: Afrikaans, Engels, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu. Ons sal die lektuurrekening met die bedrag debiteer. Gemeentes met nadelige saldo’s op hulle lektuurrekening moet kontant saam met hulle bestelling stuur.

◼ Gemeentes word aangemoedig om die nuwe jaarteks teen 1 Januarie 1992 te vertoon.

◼ Aangesien die byeenkoms hierdie jaar op ’n Vrydag, Saterdag en Sondag gehou word, sal die Gemeentelike Boekstudie gedurende die week van die byeenkoms soos gewoonlik gehou word.

◼ Gemeentes wat per tjek betaal, moet seker maak dat ALLE tjeks duidelik GEKRUIS WORD en “NIE VERHANDELBAAR” tussen die parallellyne geskryf word. “Of toonder” moet doodgekrap word. Tjeks wat nie só ingevul is nie, kan nie gebank word nie en sal aan die afsender teruggestuur word.

◼ STREEKBYEENKOMSTE: LET ASSEBLIEF OP DIE REGTE DATUM:

20-22 Desember: MAFIKENG, The Great Hall, Universiteit van Bophuthatswana, Mmabatho.

◼ Nuwe publikasies beskikbaar:

Arabies: Die mensdom se soeke na God (gemeente en publiek: R4,00; pioniers: R2,00). Kwangali: Die regering wat die Paradys gaan bring (gemeente en publiek: 80 sent; pioniers: 40 sent).

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel