Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool
Gesloteboek-hersiening van materiaal wat gedek is in die Teokratiese Bedieningskool deur toewysings vir die weke vanaf 2 September tot 23 Desember 1991. Gebruik ’n afsonderlike vel papier om die antwoorde op soveel vrae moontlik in die toegewese tyd neer te skryf.
[Let wel: Slegs die Bybel mag tydens die skriftelike hersiening gebruik word om enige vraag te beantwoord. Die bronverwysing ná die vrae is vir jou persoonlike navorsing. Nie al die verwysings na Die Wagtoring sal ’n bladsy- en paragraafnommer hê nie.]
Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:
1. Die New World Translation is die eerste vertaling wat die goddelike naam in die Christelike Griekse Geskrifte herstel het. [siAF bl. 327 par. 2]
2. Die Kores-silinder maak die beleid van koning Kores bekend om volke wat gevange geneem is na hulle vroeëre woonplekke terug te stuur. [siAF bl. 336 par. 15]
3. Moses is as skrywer van die Pentateug aanvaar, nie net deur die Jode nie maar ook deur eertydse skrywers, waarvan party vyande van die Jode was. [siAF bl. 338 par. 5]
4. Sigem het Dina klaarblyklik verkrag (Gen. 34:1-3). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF85 6/15 bl. 31.]
5. Die verslag in Genesis 38:8-10 oor Onan wat sy saad verderwe het, toon dat dit verkeerd is om voorbehoedmiddels te gebruik. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF73 bl. 335.]
6. Hoewel Juda nie reg gehandel het deur omgang te hê met ’n vrou wat hy gedink het ’n hoer is nie, het hy nie gesondig in die sin dat hy ’n spesifieke gebod van God se wet oortree het nie (Gen. 38:11-18). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF73 bl. 528.]
7. Jehovah se Getuies staan tereg op, buig voor of val soms neer voor ’n regeerder uit eerbied en respek vir sy posisie as dit die gebruik in die land is (Gen. 44:14). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF74 bl. 287.]
8. Nadat Moses al die water van Egipte in bloed verander het, het die Egiptiese priesters die wonderwerk herhaal en waarskynlik water uit putte gebruik om hulle towerkunsie te beoefen (Ex. 7: 19-24). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF83 12/1 bl. 29.]
9. Die Sjekina-lig was te sien in die Allerheiligste van die tabernakel en Salomo se tempel. (Vergelyk Exodus 25:21, 22.) [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w66 bl. 543.]
10. Die “noodlottige ongeluk” het net op die moeder betrekking (Ex. 21:23, NW). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w77 bl. 479-80.]
Beantwoord die volgende vrae:
11. Watter gebreke het baie Bybelvertalings? [siAF bl. 324 par. 17]
12. Wat gebeur wanneer Bybelvertalers letterlikheid verruil vir wat hulle as elegante taal en styl beskou? [siAF bl. 326 par. 34]
13. Hoe is die New World Translation konsekwent in die wyse waarop woorde en uitdrukkings vertaal word? [siAF bl. 328 par. 7]
14. Wat is ’n treffende bewys van die egtheid van die Bybel? [siAF bl. 342 par. 25]
15. Waarom was Ragel gewillig om vir Lea ’n geleentheid te gee om swanger te raak in ruil vir ’n paar liefdesappels, soos Genesis 30:14, 15 sê? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w67 bl. 320.]
16. Hoe toon Genesis 39:9 dat dit kinders later in hulle lewe tot voordeel sal strek as hulle van kleins af in God se Woord onderrig word? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF73 bl. 559 par. 17, 18.]
17. Waarom het God Moses na Farao gestuur om sy toestemming te vra dat die Israeliete drie dagreise ver in die woestyn intrek, aangesien dit sy voorneme was dat hulle Egipte permanent moes verlaat? (Ex. 3:18). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF82 9/1 bl. 30.]
18. Is ’n mens verseker van die ewige lewe as jou naam in God se “boek van die lewe” geskryf is? (Ex. 32:32, 33). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF87 9/1 bl. 29.]
19. Hoe kan ons verduidelik dat Jehovah “van aangesig tot aangesig” met Moses gespreek het? (Ex. 33:11). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF70 bl. 501.]
Voorsien die woord of frase wat nodig is om elk van die volgende verklarings te voltooi:
20. Een van die redes waarom foute begaan word by die vertaling van die Hebreeuse werkwoordvorme is die grammatikateorie wat vandag ․․․․․․․ genoem word. [siAF bl. 330 par. 14]
21. Teen 1989 het die New World Translation reeds in ․․․․․․․ tale verskyn, met ’n totale oplaag van meer as ․․․․․․․ eksemplare. [siAF bl. 331 par. 21]
22. Volgens een argeoloog is die middelpunt van waar alle tale versprei het ․․․․․․․. [siAF bl. 339 par.13]
23. Die enigste rede vir ’n egskeiding wat ’n persoon in staat stel om weer te trou, is ․․․․․․․. [peAF hfst. 29 par. 28]
24. Die naam Silo beteken ․․․․․․․ en dit het profeties na ․․․․․․․ heengewys (Gen. 49:10). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien reAF bl. 83-4.]
25. Die ․․․․․․․ verbond help om “’n koninkryk van priesters en ’n heilige nasie” te vorm (Ex. 19:6). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF89 2/1 bl. 18-19.]
Kies die korrekte antwoord in elk van die volgende verklarings:
26. Die argeologiese ontdekkings by Gihon hou moontlik verband met die Bybelverslag oor (die toring van Babel; die waterkanaal by die Stad van Dawid; Sisak se inval in Juda). [siAF bl. 332 par. 4]
27. Die (Titusboog; inskripsie met die naam Pontius Pilatus; Areopagus) staan nog in Athene ter bevestiging van die agtergrond van Handelinge 17:16-34. [siAF bl. 336 par. 19]
28. Moderne mediese navorsing wat toon dat woede ’n invloed kan hê op bloeddruk en aanleiding kan gee tot hartkloppings, hoofpyne, neusbloeding, duiseligheid of ’n onvermoë om te praat, stem ooreen met (Spreuke 14:30; Job 19:20; Psalm 12:4). [siAF bl. 340 par. 15]
29. Die uitdrukking “tussen die twee aande” praat van die tyd (van twaalfuur tot sononder; vandat die son ondergaan totdat dit donker is; van die aand van een kalenderdag tot ’n ander) (Ex. 12:6, NW). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w73 bl. 175.]
30. Die beskrywing in Exodus 40:34 was (bewys dat Jehovah die tabernakel goedgekeur het; ’n herinnering dat Jehovah onsigbaar is; ’n teken van donker tye wat sou aanbreek). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien hsAF bl. 71 par. 30.]
Paar die volgende tekste af met die veklarings hieronder:
Ex. 14:21; Deut. 23:9-14; 2 Kon. 3:4, 5; Ps. 19:7-10; Ps. 77:11, 12
31. Die Moabitiese Steen bevestig hierdie Bybelverslag. [siAF bl. 333 par. 6]
32. Die Bybel se raad oor higiëne is medies betroubaar. [siAF bl. 340 par. 17]
33. Dawid het hartgrondige waardering vir God se wysheid uitgespreek. [siAF bl. 350 par. 7]
34. Om by die Skrif baat te vind, moet ons voortdurend oor God se Woord peins. [siAF bl. 351 par. 12]
35. Hoewel daar aanneemlike verklarings hiervoor bestaan, is hierdie beslis eerder ’n geval van goddelike ingryping as bloot die een of ander natuurverskynsel. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w81 8/15 bl. 18.]