Koninkryksbedieningskool voorsien teokratiese onderrig
Ouere manne dra ’n groot pak van verantwoordelikheid. Daar is in 1959 begin om reëlings te tref vir ’n “spesiale opleidingskursus in opsienersbedrywighede” om hulle te help om na hierdie belangrike toewysing om te sien (jp bl. 292-3; yb77 bl. 14). Bedieningsknegte is vir die eerste keer in 1984 genooi om dit by te woon. Die laaste Koninkryksbedieningskool is tydens die 1988-diensjaar gehou, en tienduisende het daarby baat gevind.
Sedertdien is honderde gemeentes gestig en is duisende broers as ouere manne of bedieningsknegte aangestel. Organisatoriese veranderings is ook gemaak. Daarom het die Bestuursliggaam gereël dat alle gemeentelike ouere manne en bedieningsknegte die Koninkryksbedieningskool gedurende hierdie diensjaar bywoon. Die nuwe kursus is daarop gemik om na die huidige behoeftes in die veld om te sien. Bethelverteenwoordigers en sommige van die reisende opsieners sal die onderrigting by die skool behartig. Al die gemeentes sal daarby baat vind wanneer die ouere manne en bedieningsknegte toepas wat hulle by die skool leer.