Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/91 bl. 8
  • Pionierdiens—’n Diens wat ryk seëninge meebring

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Pionierdiens—’n Diens wat ryk seëninge meebring
  • Ons Koninkryksbediening—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Loopbaan met ewige beloninge
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Nou is die tyd om die predikingswerk te doen!
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • “Jy sal ’n goeie pionier wees!”
    Ons Koninkryksbediening—2010
  • Kan jy ingaan by “’n groot deur wat tot bedrywigheid lei”?
    Ons Koninkryksbediening—2007
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1991
km 12/91 bl. 8

Pionierdiens—’n Diens wat ryk seëninge meebring

1 Jehovah wil hê dat ons vreugdevol moet wees en dat ons die goeie vrugte van ons werk sien (Pred. 5:18). Die belangrikste werk waarby ons betrokke kan wees, is die Koninkryksprediking- en dissipelmaakwerk. Paulus het Timotheüs gemaan: “Doen die werk van ’n evangelis; vervul jou bediening” (2 Tim. 4:5). Hy het Timotheüs aangemoedig, en Paulus se woorde moedig ons almal vandag aan om heelhartig in ons bediening te wees. Vir sommige beteken heelhartige diens om as ’n gewone pionier te dien. Waarom oorweeg jy dit nie biddend of jou omstandighede jou sal toelaat om die voltydse bediening te betree nie?

2 Positiewe optrede is nodig: As ons die pionierdiens wil betree, beteken dit dat ons beslissende stappe in ooreenstemming met ons gebede moet doen. Kweek ’n hartgrondige begeerte vir Jehovah se diens aan, sowel as liefde vir mense. Vermeerder jou velddiens en bou sodoende herbesoeke en Bybelstudies op. Lê jou daarop toe om ’n praktiese rooster uit te werk; wees realisties. Vra die ouere manne en pioniers vir wenke. Bly getrou by ’n weldeurdagte roetine vir die predikingswerk. Self-dissipline, inisiatief en vasberadenheid is nodig (1 Kor. 9:23, 25, 27). Dít is van die positiewe stappe wat meer as 528 broers gedoen het wat gedurende die afgelope diensjaar by die pioniergeledere aangesluit het.

3 As ons spesifieke doelwitte stel en pligsgetrou daarna streef om hulle te bereik, sal dit ons help om vordering te maak in ons prediking namate ons ons vermoëns verbeter. Kan ons ons inleidings by die deur of die manier waarop ons besware beantwoord, verbeter? Maak ons ten volle gebruik van al die lektuur tot ons beskikking? Hou ons ’n progressiewe Bybelstudie? Kan ons nou met hulppionierdiens begin en gewone pionierdiens as doel voor oë hou? Doelwitte moet prakties en binne ons bereik wees. Wanneer ons sulke doelwitte bereik, sal dit ons bekwamer maak, en dit sal ons groot genoegdoening verskaf.—1 Tim. 4:15, 16.

4 ’n Lonende lewenswyse: Wanneer ons aan die pionierdiens deelneem met die regte beweegrede en die begeerte om geestelike vordering te maak, bring dit baie voordele mee. Ons vertrou al hoe meer op Jehovah. Ons sal God se Woord met groter vaardigheid gebruik omdat ons dit gereeld in die bediening gebruik. Ons ywerige voorbeeld het ’n heilsame invloed op die gemeente, en ander kan aangemoedig word om ’n groter aandeel in die bediening te hê. Die pionierdiens kan ons help om ’n meer geestelike lewensbeskouing te hê en kan ons teen wêreldse ambisie, begeertes en omgang beskerm.

5 Jesus het vir sy volgelinge gesê: “Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur” (Matt. 9:37, 38). Die behoefte aan werkers is nou selfs groter as wat dit in Jesus se dag was. Die pionierdiens bied ons die geleentheid om ’n groter aandeel in hierdie dringende, lewensreddende werk te hê. Daar is niks wat soveel tevredenheid en voldoening meebring as om jou lewe in die voltydse diens van ons Grootse Skepper te gebruik nie.—Spr. 10:22, NW.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel