Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/92 bl. 3
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1992
Ons Koninkryksbediening—1992
km 1/92 bl. 3

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Januarie en Februarie: Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind? teen ’n bydrae van R2,60. Maart: Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! teen ’n bydrae van R8,00. April en Mei: Intekening op Die Wagtoring teen ’n bydrae van R17,00 vir halfmaandelikse uitgawes. Jaarintekeninge op maandelikse uitgawes en halfjaarlikse intekeninge op halfmaandelikse uitgawes kos R8,50.

◼ Die nuwe openbare toespraak vir kringopsieners vanaf 1 Maart is: “Jesus Christus—Die aarde se nuwe heerser.”

◼ Reëlings word getref sodat alle streekbyeenkomste in Desember 1992 en vroeg in Januarie 1993 gehou kan word. Die enigste uitsonderings sal die byeenkomste in Namibië wees wat in September/Oktober gehou sal word. Verdere besonderhede sal verstrek word sodra besprekings van die byeenkomsterreine gefinaliseer is.

◼ 11 April 1992 sal ’n spesiale tydskrifdag wees. Duisende broers het dit die afgelope twee jaar geniet om aan die bedrywighede van die spesiale tydskrifdag deel te neem. Waarom beplan jy nie nou al om ’n volle aandeel aan hierdie spesiale bedrywigheid te hê nie?

◼ Die Engelse Wagtoring in groot druk: Presiderende opsieners moet reël dat die brief van 10 Augustus 1989 oor die Watchtower in groot druk gelees word. Bestellings vir die Watchtower in groot druk is besig om af te neem, wat ons kan verplig om op te hou om dit hier by die Suid-Afrikaanse tak te druk. Is almal wat by hierdie voorsiening kan baat vind, bewus daarvan? Beklemtoon wie almal van hierdie liefderyke voorsiening gebruik kan maak, soos in die brief gemeld word.

◼ Nuwe publikasies beskikbaar:

Engels: Traktaat nr. 17 “A Peaceful New World—Will It Come?” (Die informasie in hierdie traktaat is dieselfde as die informasie in Traktaat nr. 15, maar met veranderinge in die teks ter wille van die Joodse bevolking.) Sepedi: “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”, 1991-uitgawe (gemeente en publiek: R8,50; pioniers: R5,50). Tsonga: “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”, 1991-uitgawe (gemeente en publiek: R8,50; pioniers: R5,50).

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel