Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/92 bl. 4
  • Inleidings wat huisbewoners laat luister

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Inleidings wat huisbewoners laat luister
  • Ons Koninkryksbediening—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Gebruik jy ’n gepaste inleiding?
    Ons Koninkryksbediening—1988
  • Verbeter jou vaardighede in die bediening—Hoe om jou inleiding voor te berei
    Ons Koninkryksbediening—2014
  • Lei die Paradys op aarde-boek doeltreffendin
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • Hoe om ’n tydskrifaanbieding voor te berei
    Ons Koninkryksbediening—2006
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1992
km 1/92 bl. 4

Inleidings wat huisbewoners laat luister

1 Wat is die belangrikste deel van jou aanbieding wanneer jy van huis tot huis gaan? Die meeste van ons sal saamstem dat dit die inleiding is. As jy nie die huisbewoner se belangstelling binne ten minste die eerste 30 sekondes wek nie, sal hy die gesprek na alle waarskynlikheid beëindig.

2 Watter faktore moet jy in ag neem wanneer jy ’n doeltreffende inleiding voorberei? Ontleed die gewoontes en behoeftes van die mense wat jy bes moontlik gaan ontmoet. Is dit gebruiklik om eers oor ditjies en datjies te gesels of word daar van jou verwag om dadelik die doel van jou besoek te stel? Is daar baie jong egpare in jou gebied? Waaroor is hulle besorg? Is mense in jou gebied bewus van die probleme waarmee die mensdom oor die algemeen te kampe het?

Jy kan hulle dalk laat luister deur iets soos die volgende te sê:

◼“Goeiemôre. My naam is ​——​——. Dit kwel my wanneer ek lees hoe mense van die honger doodgaan en in oorloë sterf. Kwel dit jou ook?” Ander vrae wat kan help om ’n gesprek aan te knoop, is: “Wat is die oplossing vir die wêreld se probleme?” “Dink jy dat enigeen die aarde se huidige probleme kan oplos?” “Sê nou ’n heerser het kwalifikasies soos dié wat hier in Jesaja 9:5, 6 genoem word? [Lees en verduidelik teks.]”

3 In sommige gebiede is mense dalk meer besorg oor hulle huise en gesinne as oor wêreldaangeleenthede soos wêreldvrede.

Jy kan dalk hulle belangstelling wek deur te vra:

◼“Watter soort lewe sien jy vir jou en jou gesin oor tien jaar? Die Bybel se beskouing van die toekoms is baie bemoedigend, want dit voorspel die koms van ’n heerser wat volgens volmaakte standaarde sal regeer. Let op wat Jesaja 9:5, 6 van hom sê.”

4 Woon jy in ’n gebied waar misdadigheid en veiligheid iets is waaroor almal praat? Sommige sal dalk luister as jy die eerste inleiding onder “Misdadigheid/Veiligheid” op bladsy 13 in die Redenering-boek gebruik.

Jy kan sê:

◼“Hallo. Ons bespreek die saak van persoonlike veiligheid met mense. Daar is baie misdadigheid en dit raak ons lewe.” Dan kan jy ’n gesprek aanknoop deur een van die volgende vrae te stel: “Wat is die oplossing?” of “Dink jy dat enigeen die aarde van hierdie probleme kan bevry?” of “Wat sal gebeur as ’n heerser kwalifikasies soos hierdie het?” Jy kan dan Jesaja 9:5, 6 lees.

5 Ons almal, ook jongmense wat nog op skool is, kan hierdie eenvoudige aanbiedings met een teks gebruik. Trouens, jy wil dalk een van hierdie aanbiedings gebruik wanneer jy tydskrifte aanbied. Stem jy nie saam dat so ’n skriftuurlike aanbieding ’n uitstekende manier is om uit te vind of ons huisbewoner opreg belangstel nie? Ons is seker dat baie dit sal geniet om hierdie aanbiedings gedurende Januarie te gebruik, wanneer ons tydskrifte aanbied en wanneer ons die lektuuraanbod vir die maand doen.

6 As jy deur jou houding sowel as jou inleiding die eerste 30 sekondes van jou besoek op doeltreffende wyse gebruik, sal jy waarskynlik dié belangrike doelwit bereik, naamlik om die huisbewoners te laat luister.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel