Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/95 bl. 4
  • Lei die Paradys op aarde-boek doeltreffendin

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Lei die Paradys op aarde-boek doeltreffendin
  • Ons Koninkryksbediening—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Inleidings om belangstelling te wek
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Eenvoudige en doeltreffende aanbiedings
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Kweek die belangstelling wat jy gevind het
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • Kweek belangstelling in die Paradys op aarde-boek aan
    Ons Koninkryksbediening—1994
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1995
km 2/95 bl. 4

Lei die Paradys op aarde-boek doeltreffendin

1 Jesus het inleidings op meesterlike wyse gebruik. Hy het geweet wat om te sê om mense se belangstelling te prikkel. By een geleentheid het hy ’n gesprek met ’n Samaritaanse vrou begin deur haar eenvoudig ’n bietjie water te vra. Dit het dadelik haar aandag getrek omdat ‘Jode niks met Samaritane te doen gehad het nie’. Die daaropvolgende gesprek het haar en talle ander uiteindelik gehelp om gelowiges te word (Joh. 4:7-9, 41). Ons kan uit sy voorbeeld leer.

2 Wanneer jy voorberei om die Paradys op aarde-boek aan te bied, kan jy jou afvra: ‘Waaroor is die mense in ons gebied op die oomblik bekommerd? Wat sal ingang vind by ’n tiener, ’n ouer persoon, ’n man of ’n vrou?’ Jy kan meer as een inleiding voorberei en die een gebruik wat die beste by die situasie pas.

3 Aangesien talle oor die agteruitgang van die gesinslewe bekommerd is, kan jy sê:

◼ “Die daaglikse druk van die lewe plaas vandag baie druk op gesinne. Waar kan hulle hulp kry? [Laat die huisbewoner antwoord.] Die Bybel kan vir ons ’n ware hulp wees. [Lees 2 Timoteus 3:16, 17.] Die Skrif voorsien goeie riglyne wat gesinne kan help om hierdie druk die hoof te bied. Let op wat dit sê in paragraaf 3 op bladsy 238 van hierdie publikasie, Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe.” Lees paragraaf 3 en bied die boek aan.

4 As jy ’n plaaslike nuusitem gebruik, kan jy sê:

◼ “Het jy die nuusberig gehoor oor [meld saak van plaaslike belang]? Wat het jy daarvan gedink? [Laat die huisbewoner antwoord.] Dit laat ’n mens wonder wat van hierdie wêreld word, nie waar nie? Die Bybel het sulke dinge voorspel as ’n bewys dat ons in die laaste dae lewe.” Bespreek dan inligting op bladsye 150-3 in die Paradys op aarde-boek.

5 Talle is bekommerd oor die toenemende misdaadprobleem. Jy kan die eerste inleiding onder die opskrif “Misdadigheid/Veiligheid” op bladsy 13 van die “Redenering”-boek gebruik:

◼ “Ons bespreek die saak van persoonlike veiligheid met mense. Daar is baie misdadigheid en dit raak ons lewens. Wat dink jy moet gebeur voor mense soos ek en jy saans veilig sal voel op straat?” Jy kan Psalm 37:10, 11 lees en met behulp van bladsye 156-8 van die Paradys op aarde-boek die seëninge noem wat God se Koninkryk gaan bring.

6 As jy ’n eenvoudiger benadering verkies, kan jy ’n soortgelyke inleiding as die een boaan bladsy 14 van die “Redenering”-boek gebruik:

◼ “Ons spoor ons bure aan om ondersoek in te stel na die wonderlike toekoms wat die Bybel aan ons voorhou. [Lees Openbaring 21:3,4.] Klink dit vir jou goed? [Laat die huisbewoner antwoord.] Hoofstuk 19 van hierdie publikasie beklemtoon ander seëninge wat die gehoorsame mensdom onder God se Koninkryk gaan geniet.” Bied die Paradys op aarde-boek teen ’n bydrae van R10,50 aan.

7 As jy ’n doeltreffende inleiding voorberei, kan dit jou help om diegene te bereik wat na regverdigheid honger.—Matt. 5:6.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel