Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/92 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1992
Ons Koninkryksbediening—1992
km 2/92 bl. 7

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Februarie: Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind? teen ’n bydrae van R2,60. Maart: Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! teen ’n bydrae van R8,00. April en Mei: Intekening op Die Wagtoring teen ’n bydrae van R17,00 vir halfmaandelikse uitgawes. Jaarintekeninge op maandelikse uitgawes en halfjaarlikse intekeninge op halfmaandelikse uitgawes kos R8,50.

◼ Die sekretaris en die diensopsiener moet die bedrywighede van al die gewone pioniers nagaan. As enigeen van hulle dit moeilik vind om die vereiste ure te bereik, moet die ouere manne reël dat hulle hulp ontvang. Hersien die Genootskap se briewe (S-201) van 1 Oktober 1991 en 1 Oktober 1990 vir wenke wat julle hiermee kan help. Sien ook paragrawe 12-20 van die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Augustus 1986.

◼ Die Gedenkmaal sal op Vrydag, 17 April 1992, gehou word. Hoewel die toespraak vroeër kan begin, moet daar asseblief in gedagte gehou word dat die Gedenkmaalbrood en -wyn nie voor sononder omgestuur moet word nie. Raadpleeg plaaslike bronne om vas te stel hoe laat die son in julle gebied ondergaan. Geen ander vergaderinge behalwe velddiensvergaderinge moet op daardie dag gehou word nie.

◼ Die spesiale openbare toespraak vir 1992 sal die Gedenkmaal voorafgaan en sal op Sondag, 5 April 1992, gehou word. Die titel is “Godsdiens se rol in wêreldaangeleenthede”. Gemeentes wat daardie naweek die besoek van die kringopsiener, ’n spesiale byeenkomsdag of ’n kringbyeenkoms het, sal die spesiale toespraak die volgende Sondag, 12 April 1992, hou. Gemeentes wat nie hulle Openbare Vergadering op ’n Sondag het nie, kan die spesiale toespraak tussen die 6de en 11de April hou.

◼ Verkondigers wat graag in Maart en April hulppionierdiens wil doen, moet hulle reëlings nou tref en hulle aansoekvorms vroeg inhandig. Dit sal die ouere manne help om die nodige velddiensreëlings te tref en te sorg dat daar genoeg lektuur in voorraad is.

◼ Die Genootskap stuur van tyd tot tyd “Please Call on This Person”-strokies (S-70) aan die gemeentes. Die ouere manne moet seker maak dat hierdie strokies aan ervare verkondigers gegee word wat die belangstelling binne ’n week moet opvolg.

◼ Nuwe publikasies beskikbaar:

Afrikaans: Die grootste mens wat nog geleef het (gemeente en publiek: R8,00; pioniers: R5,20); Geeste van dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik? (gemeente en publiek: 80 sent; pioniers: 40 sent). Engels: Die grootste mens wat nog geleef het; Geeste van dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik? Grieks: Die grootste mens wat nog geleef het; Geeste van dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik? Herero: Geeste van dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik? Kwangali: Geeste van dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik? Kwanyama: Geeste van dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik? Ndonga: Geeste van dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik? Portugees: Die grootste mens wat nog geleef het; Geeste van dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik? Sepedi: Die grootste mens wat nog geleef het; Geeste van dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik? Suid-Sotho: Die grootste mens wat nog geleef het; Geeste van dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik? Tsonga: Die grootste mens wat nog geleef het; Geeste van dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Tswana: Die grootste mens wat nog geleef het; Geeste van dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?; Teokratiese Bedieningskool—Handleiding Venda: Die grootste mens wat nog geleef het; Geeste van dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik? Xhosa: Die grootste mens wat nog geleef het; Geeste van dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik? Zulu: Die grootste mens wat nog geleef het; Geeste van dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel