Gaan April ’n spesiale maand vir jou wees?
1 Ons praat dikwels van Maart en April as die Gedenkmaalseisoen. Aangesien die Gedenkmaalviering altyd hierdie tyd van die jaar plaasvind, word Jehovah se volk beweeg om meer in die veldbediening te doen.
2 Party wat in Maart as hulppioniers ingeskryf het, sal met hulle pionierdiens voortgaan, en ander sal gedurende April by hulle aansluit vir hierdie uitbreiding van ons diens. As jy daaraan kan deelneem, moet jy jou aansoekvorm onmiddellik ingee.
3 Selfs diegene wat nie aan die pionierdiens kan deelneem nie, kan April ’n spesiale maand maak deur meer in die veldbediening te doen. Daar is gewis baie om te doen. Miskien kan gemeentelike verkondigers en pioniers nuwe ongedoopte verkondigers nooi om saam met hulle in die veld te werk. Ons moet alles in ons vermoë doen om alle belangstellendes na die Gedenkmaal op 17 April te nooi.
4 As jy wakker is om nuwelinge wat die gedenkmaal bywoon te verwelkom, kan jy dalk nog ’n Bybelstudie begin. Met Jehovah se seën op jou groter aandeel aan die bediening, sal jou bediening produktief wees en sal April ’n spesiale maand vir jou wees.—Ps. 34:9; Spr. 10:22.