Diensvergaderinge vir April
Week wat begin met 6 April
12 min: Plaaslike aankondigings en Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. “Gaan April ’n spesiale maand vir jou wees?” Beklemtoon dat enige aansoekvorms vir hulppionierdiens onmiddellik ingegee moet word. Moedig ook aandgetuieniswerk aan en kondig moontlike plaaslike reëlings aan. Beklemtoon hoe laat en waar die plaaslike Gedenkmaal gehou gaan word.
15 min: “Verkondig die goeie nuus met Die Wagtoring.” Vraag-en-antwoordbespreking van die artikel. Wanneer paragraaf 5 bespreek word, laat voorbereide verkondigers vertel by wie hulle intekeninge in die verlede met sukses aangebied het.
18 min: “Jou waardering vir Christus se dood.” Toespraak met demonstrasie. Demonstreer ná paragraaf 9 bespreek is hoe ’n verkondiger ’n Bybelstudent na die Gedenkmaal uitnooi.
Lied 208 en slotgebed.
Week wat begin met 13 April
10 min: Plaaslike aankondigings. Vraebus.
15 min: “Doen doeltreffende eerste besoeke.” Vraag-en-antwoorddekking. Demonstreer nadat paragraaf 6 bespreek is hoe ’n verkondiger ’n tuisbybelstudie kan aanbied en dit kan demonstreer deur die traktaat Lewe in ’n vreedsame nuwe wêreld te gebruik.
13 min: Bied Die Wagtoring van huis tot huis aan. Bekwame verkondiger voer gesprek met huisbewoner en gebruik die voorgestelde aanbieding in paragraaf 4 van die artikel “Doen doeltreffende eerste besoeke”. Verwys na gepaste punte oor gebed in Die Wagtoring van 15 April 1992.
7 min: Ouere man bespreek inligting in byvoegsel: “‘Ligdraers’-Streekbyeenkomste vir 1992.” Moedig almal aan om vroegtydig reëlings te tref om die byeenkoms by te woon. Stel die gemeente in kennis van waar hulle die byeenkoms sal bywoon wanneer julle julle brief ontvang.
Lied 87 en slotgebed.
Week wat begin met 20 April
10 min: Plaaslike aankondigings en rekeningverslag. Prys broers vir bydraes wat hulle aan die Genootskap en die gemeente gemaak het.
15 min: Bekwame ouere man bespreek met gehoor die inligting in byvoegsel: “Gooi julle nette uit vir ’n vangs”. Moedig almal wie se omstandighede dit toelaat hartlik aan om dit biddend te oorweeg om na een van die gebiede te trek wat genoem word. Dit sal veral vir groter stedelike gemeentes geld.
20 min: “Bly geestelik sterk, bly rein vir Jehovah se diens.” Vraag-en-antwoordbespreking van byvoegsel. Ouere man wat hierdie deel behartig, moet sommige van die vrae só stel dat die inligting plaaslik toegepas kan word. Beklemtoon watter basiese dinge ons moet doen om geestelik sterk te bly, soos paragraaf 7 toon.
Lied 197 en slotgebed.
Week wat begin met 27 April
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Noem hoogtepunte van die Gedenkmaal. Hoeveel het dit bygewoon? Watter potensiaal is daar om Bybelstudies met nuwelinge te begin? Diensopsiener moet reël dat herbesoeke gedoen word op Gedenkmaalbywoners wat nie op die oomblik studeer nie.
20 min: “Gebruik die Redenering-boek tydens herbesoeke.” Vraag-en-antwoordbespreking. Reël vir twee goed voorbereide demonstrasies op paragrawe 3 en 4.
15 min: Vra diegene wat gedurende Maart en April aan die hulppionierdiens deelgeneem het om ondervindinge te vertel. Watter opofferinge moes hulle gemaak het, en hoe meen hulle het Jehovah hulle pogings geseën? Is enige nuwe Bybelstudies begin as gevolg van die feit dat hulle gedurende die maand bedrywiger in die veld was? Daar moet voor die tyd vir ondervindinge gereël word. Moedig almal aan om hulppionierdiens gedurende die komende maand te oorweeg.
Lied 93 en slotgebed.