Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Junie: Die mensdom se soeke na God teen ’n bydrae van R4,00. Julie: Enige van die volgende brosjures: Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, “Kyk, Ek maak alles nuut”, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Die goddelike naam wat vir ewig sal bestaan of Die regering wat die Paradys gaan bring teen ’n bydrae van 80 sent elk. Augustus: Die grootste mens wat nog geleef het teen ’n bydrae van R8,00. September: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R8,00. Klein uitgawe is R4,00.
◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel word, moet die gemeenterekeninge op 1 Junie of so gou moontlik daarna ouditeer. Kondig dit in die gemeente aan wanneer dit gedoen is.
◼ Aan presiderende opsieners: Ons nooi julle om enige uitsonderlike ondervindinge wat julle gemeente in die loop van die jaar geniet het aan die Genootskap te stuur, met inbegrip van ondervindinge oor hulppionierdiens en op tydskrifdag, 11 April 1992. Ons wil die beste uit ons veld vir die jaarverslag kies. Moet dit asseblief nie later as 1 Julie 1992 instuur nie.
◼ Verandering van Genootskap se posadres: In die toekoms sal die korrekte posadres vir die Genootskap soos volg wees: Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740. Julle sal opmerk dat ’n “X” vooraan die Privaatsaknommer gevoeg is. Hou asseblief hierdie verandering in gedagte wanneer julle pos aan die Genootskap stuur.
◼ Let wel: Verkondigers ontmoet van tyd tot tyd persone op straat wat ’n ander taal praat, wat dalk die tydskrifte neem of belangstelling in die waarheid toon. Ons moedig julle aan om, indien dit enigsins moontlik is, sulke belangstelling persoonlik op te volg om vas te stel of die persoon werklik belangstel of nie. Daarna kan julle die inligting aan die naaste gemeente stuur. As dit nodig is om die inligting aan die Genootskap te stuur, moet julle asseblief volledige besonderhede aan ons verstrek, soos die persoon se naam, adres, die lektuur wat geneem is en die vordering wat gemaak is. Hierdie inligting moet aan die diensopsiener gegee word wat die besonderhede ook sal nagaan om seker te maak dat dit volledig is voordat hy dit aan die Genootskap stuur.
◼ Ons het toestemming van die Bestuursliggaam ontvang om 50 tydelike spesiale pioniers vir Suid-Afrika aan te stel, 6 vir Botswana, 6 vir Lesotho, 6 vir Swaziland en 10 vir suidelike Mosambiek. Hierdie pioniers sal gedurende die drie maande van die ontoegekendegebied-kampanje (Augustus-Oktober) na gebiede gestuur word waar die goeie nuus nie gereeld verkondig word nie.
◼ Nuwe publikasies beskikbaar:
Engels: Sing Praises to Jehovah—Large Print (Slegs lirieke. Dit is ’n tydskrifgrootte boek van 320 bladsye met net die teks; geen musieknote nie, soortgelyk aan die Watchtower in grootdruk. Gemeente en publiek: R11,00; pioniers R8,50). Portugees: Insight on the Scriptures, Deel 2 (gemeente en publiek: R15,00; pioniers: R12,00); Watchtower-bundels vir 1970 en 1971 (gemeente, publiek en pioniers: R17,00).
◼ Videokassette weer in Suid-Afrika beskikbaar:
Engels: Jehovah’s Witnesses—The Organization Behind the Name.
◼ Die Genootskap gaan die Watchtower-bundels in Engels herdruk vir die jare van 1980 tot en met 1985. Gemeentes kan nou die 1980-bundel bestel. Moet asseblief nie bestellings vir 1981 tot en met 1985 instuur voordat daar nie in Ons Koninkryksbediening aangekondig word dat dit beskikbaar is nie.