Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir September: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R8,00. Klein uitgawe kos R4,00. Oktober: Intekening op die Ontwaak! of Die Wagtoring of op albei teen ’n bydrae van R17,00 elk vir halfmaandelikse uitgawes. Jaarintekeninge op maandelikse uitgawes en halfjaarlikse intekeninge op halfmaandelikse uitgawes kos R8,50. November: Die Bybel—God se woord of die mens s’n? teen ’n bydrae van R2,60. (Engels: Die New World Translation saam met die boek Die Bybel—God se woord of die mens s’n? teen ’n bydrae van R13,60.) Desember: Die grootste mens wat nog geleef het teen ’n bydrae van R8,00. LET WEL: Gemeentes wat nog nie die bogenoemde kampanje-items bestel het nie, moet dit op hulle volgende maandelikse lektuurbestelvorm (S-AB-14) doen.
◼ In Ons Koninkryksbediening vir Augustus het ons pioniers daaraan herinner dat hulle lektuur, tydskrifte en intekeninge slegs vir hulle eie gebruik teen die pioniertarief kan bekom en nie vir hulle familie of vriende nie. Let asseblief daarop dat hulppioniers net tydskrifte en intekeninge teen die pioniertarief kan bekom en net gedurende die maand waarin hulle aan die hulppionierdiens deelneem. Hulppioniers kan nie ander lektuur teen die pioniertarief bekom nie.
◼ Gemeentes wat in die ontoegekende gebied werk, het ’n lys van ouer publikasies ontvang wat gedurende die kampanje gebruik moet word. Hierdie gemeentes moet asseblief van die volgende kennis neem: Die tarief vir hierdie publikasies sal slegs gedurende die kampanje 60 sent vir gewone en spesiale pioniers wees. Vir hulppioniers en verkondigers sal die tarief R1,00 wees. Die Onsigbare geeste-boekie sal nie teen ’n verminderde tarief beskikbaar wees nie. Gemeentes kan krediet vir die verskil op elk van hierdie publikasies aanvra deur die Remittance and Credit Request-vorm (S-AB-20) te gebruik.
◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel word, moet die gemeenterekeninge op 1 September of so gou moontlik daarna ouditeer. Doen ’n aankondiging in die gemeente wanneer dit gedoen is.
◼ Die Bethelhuis en -fabriek sal op Saterdag, 10 Oktober 1992, gesluit wees vir skoonmaakwerk, en daar sal dus geen reëlings vir toere wees nie.
◼ Dit is belangrik dat groepe van 15 of meer wat beplan om die Genootskap se fasiliteite by Roodekrans te besoek eers met die Bethelkantoor in verbinding tree om reëlings vir die toer te tref. Ongelukkig kan die GENOOTSKAP NIE AKKOMMODASIE VOORSIEN OF REËLINGS DAARVOOR TREF NIE. TREF ASSEBLIEF JULLE EIE REËLINGS.
◼ Verkondigers wat beplan om gedurende Oktober aan die hulppionierdiens deel te neem, moet hulle aansoekvorm vroegtydig ingee. Dit sal die ouere manne in staat stel om die nodige reëlings vir lektuur en gebied te tref. Alle skoolgaande verkondigers word aangemoedig om gedurende Oktober aan die hulppionierdiens deel te neem, aangesien hulle tydens die begin van die maand nog met vakansie sal wees.
◼ Die ouere manne word daaraan herinner om die raad deur te voer wat in Die Wagtoring van 15 April 1991 op bladsye 21-3 gegee is aangaande enige uitgesette of gedissosieerde persone wat moontlik die begeerte het om herstel te word.
◼ Op bladsye 103-4 van Georganiseer om ons bediening te vervul word riglyne gegee oor watter dinge ons by ons velddiensure op ons rapport kan insluit. Sommige het al gewonder of ’n verkondiger wat vir ’n spreker vertaal terwyl hy ’n openbare toespraak hou die tyd kan tel. Ja, die spreker sowel as die tolk kan hierdie tyd by hulle velddiensrapport insluit.
◼ STREEKBYEENKOMSTE: Let asseblief op die volgende datumverandering vir die byeenkoms in Durban:
25-27 Desember 1992:
Durban (Engels, Zulu).
◼ Nuwe publikasies beskikbaar:
Kalanga: Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?
◼ Nuwe diskette beskikbaar:
Engels: New World Translation of the Holy Scriptures—With References (Stel van vier 1,2 megagreep-diskette met ’n deursnee van 5 1/4”. Gemeente en publiek: R40,00; pioniers: R33,00. Die stel van sewe 720 kilogreep-diskette met ’n deursnee van 3 1/2” is nog nie beskikbaar nie.)
◼ Weer beskikbaar in Suid-Afrika:
Tydskrifhouer.