Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/92 bl. 3
  • Kan die belangstelling weer aangewakker word?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan die belangstelling weer aangewakker word?
  • Ons Koninkryksbediening—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Hulp wat maklik gevind kan word
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Help ander om geestelike dinge te waardeer
    Ons Koninkryksbediening—1988
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Deur mekaar te help om Bybelstudies te begin
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Skraap die vrymoedigheid bymekaar om herbesoeke te doen
    Ons Koninkryksbediening—1997
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1992
km 9/92 bl. 3

Kan die belangstelling weer aangewakker word?

1 “Gelukkig is die wat bewus is van hulle geestelike behoefte” (Matt. 5:3, NW). Daardie woorde van Jesus in die Bergpredikasie is baie betekenisvol. Daar is min mense wat besef dat hulle geestelike dinge nodig het om hulle lewe gelukkig en sinvol te maak. Daar is party wat vroeër van hulle geestelike behoefte bewus was, maar dit toe verloor het. Iets het veroorsaak dat hulle hulle belangstelling in geestelike dinge verloor het. Hulle het dít verwerp wat waarlik tot hulle voordeel sal strek. Die vraag is: Kan sulke mense se belangstelling weer aangewakker word? Vir sommige kan dit gelukkig.

2 Jy ken dalk iemand wat jare gelede die Bybel saam met Jehovah se Getuies gestudeer het, moontlik selfs as kind, maar wat opgehou het om met God se volk om te gaan. Maar party Bybelleerstellings en regverdige beginsels het moontlik ’n indruk op daardie persoon se verstand gemaak, en hy onthou dit nog. Namate wêreldtoestande vererger en lewensomstandighede verander, onthou die persoon al hoe meer van die dinge wat hy vroeër geleer het en wend hy hom moontlik tot God en is hy gereed om meer Bybelkennis in te neem. Dit kan uiters lonend wees om sulke mense te besoek met die doel om weer ’n Bybelstudie te begin.

3 Pogings moet ongetwyfeld aangewend word om diegene wat die Gedenkmaalviering bygewoon het van tyd tot tyd te besoek. Sê vir hulle dat jy opreg besorg is oor hulle geestelike welsyn, en bied aan om die Bybel met hulle te studeer. Spesiale pogings moet aangewend word om diegene te help wat die streekbyeenkomste, kringbyeenkomste en spesiale byeenkomsdae bywoon. In sommige gevalle kan dit nuttig wees as ’n ander verkondiger iemand gaan besoek wie se studie weens ’n gebrek aan vordering gestaak is.

4 Ons verwag natuurlik dat diegene met wie ons studeer die aanbidding van Jehovah ernstig opneem en ’n mate van ywer in hulle Bybelstudie aan die dag lê. Maar ons moet seker maak dat ons self genoeg moeite gedoen het om te help en dat ons aangaande ander kan sê wat die apostel Paulus gesê het: ‘Ek is rein van die bloed van almal.’—Hand. 20:26.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel