Oefen jou met godvrugtige toegewydheid as jou doel
1 Die Teokratiese Bedieningskool lei ons progressief op om ‘die woord van die waarheid reg te sny’ (2 Tim. 2:15). Het jy al by die skool aangesluit? Indien jy nog nie het nie en jy aan die vereistes voldoen, kan jy gerus by hierdie uitstekende voorsiening baat vind deur nou daarby aan te sluit.
2 ’n Belangrike aspek van die skool is die weeklikse program vir Bybellees. Jou persoonlike studierooster behoort die lees van die toegewese hoofstukke in die Bybel in te sluit sodat jy mettertyd die hele Bybel sal gelees het.
3 Wanneer ons met die 1993-skoolrooster begin, gaan die Skrifgedeelte wat deur Toespraak nr. 2 gedek word sonder onderbrekings in sy geheel gelees word. Dit beteken dat die student wat hierdie toespraak behartig slegs in sy inleiding en slot inligting ter toeligting sal verskaf. Die broer wat die Bybelglanspunte behartig, moet sy kommentare oor die verse wat vir Toespraak nr. 2 aangewys is, beperk sodat die spreker vir daardie toespraak sy inligting oor die Skrifgedeelte ten volle kan ontwikkel.
4 Die skoolopsiener sal die Spraakraadgewingstrokie invul vir diegene wat Toesprake nr. 2, 3 en 4 hou. Hy hoef nie die volgorde op die raadgewingstrokie te volg nie, maar kan spesifieke raad gee op punte waarop die student moet verbeter. Dit is nie nodig om die raadgewingstrokie in te vul vir die spreker wat Toewysing nr. 1 behartig nie, hoewel raad privaat gegee kan word indien dit nodig is.
5 Almal wat aan die vereistes voldoen, moet ten volle gebruik maak van die geestelike voorsienings wat ons van Jehovah af ontvang, met inbegrip van die opleiding wat die Teokratiese Bedieningskool bied. Sulke opleiding kan tot ’n vrugbaarder bediening lei.—1 Tim. 4:7, NW.