Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Januarie: Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?, Oorlewing tot in ’n nuwe aarde en Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors” teen ’n bydrae van R2,60 elk. Februarie: Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe teen ’n bydrae van R8,00. Klein uitgawes kos R4,00. Maart: Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! teen ’n bydrae van R8,00 of Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk teen ’n bydrae van R4,00. April en Mei: Intekening op Die Wagtoring teen ’n bydrae van R17,00 vir halfmaandelikse uitgawes. Jaarintekeninge op maandelikse uitgawes en halfjaarlikse intekeninge op halfmaandelikse uitgawes kos R8,50.
◼ Die nuwe openbare toespraak vir kringopsieners wat vanaf Februarie en nie later nie as 7 Maart gehou sal word, is: “Hoe Jehovah jongmense beskou.”
◼ Die spesiale openbare toespraak vir die 1993-Gedenkmaalseisoen sal wêreldwyd op Sondag, 28 Maart, gehou word. Die tema van die toespraak sal wees: “Rampe—Hoe beskou jy hulle?” ’n Skets sal voorsien word. Die gemeentes wat daardie naweek die besoek van die kringopsiener, ’n kringbyeenkoms of ’n spesiale byeenkomsdag het, sal die spesiale toespraak die volgende week hou. Geen gemeente moet die spesiale toespraak voor 28 Maart hou nie.
◼ 3 April 1993 sal ’n spesiale tydskrifdag wees. Duisende van ons broers het dit die afgelope drie jaar geniet om aan die bedrywighede op die spesiale tydskrifdag deel te neem. Beplan sommer nou al om ’n volle aandeel aan hierdie spesiale bedrywigheid te hê. Gemeentes word aangemoedig om spesiale tydskrifbestellings so gou moontlik in te stuur.
◼ Nuwe publikasies beskikbaar:
Portugees: Sing lofliedere voor Jehovah in groot druk (Slegs lirieke; gemeente en publiek: R11,00; pioniers: R8,50).
◼ Uit voorraad in Suid-Afrika:
Afrikaans: Is daar ’n God wat omgee? Engels: Is daar ’n God wat omgee? Portugees: Is daar ’n God wat omgee? Sepedi: Is daar ’n God wat omgee? Suid-Sotho: Is daar ’n God wat omgee? Xhosa: Is daar ’n God wat omgee?