Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/93 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir Januarie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir Januarie
  • Ons Koninkryksbediening—1993
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 4 Januarie
  • Week wat begin met 11 Januarie
  • Week wat begin met 18 Januarie
  • Week wat begin met 25 Januarie
Ons Koninkryksbediening—1993
km 1/93 bl. 2

Diensvergaderinge vir Januarie

Week wat begin met 4 Januarie

Lied 23

10 min: Plaaslike aankondigings en gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.

20 min: “Verkondig God se weg na vrede en veiligheid.” Vraag-en-antwoord-dekking van die artikel. Moedig verkondigers aan om die voorgestelde lektuuraanbod in die velddiens te gebruik. Laat ’n goed voorbereide verkondiger ná die bespreking van paragraaf 7 demonstreer hoe ’n Bybelstudie tydens die eerste besoek of tydens die herbesoek met behulp van die traktaat Die lewe in ’n vreedsame nuwe wêreld begin kan word. Verkondiger: “Goeie môre. Ons gesels vandag met mense oor die gehalte van die lewe. Is jy tevrede met wat jy vandag in die lewe van mense sien gebeur?” Huisbewoner: “Nie eintlik nie.” Verkondiger: “Dink jy die situasie sal verbeter?” Huisbewoner: “Ek weet nie.” Verkondiger bied die traktaat aan en sê: “Party mense dink dat die dinge wat gebeur die vervulling van Bybelprofesieë is en dat die einde van die wêreld naby is. Wat dink jy?” Huisbewoner: “Ek weet nie. Dit is seker moontlik.” Die verkondiger vestig dan die huisbewoner se aandag op die traktaat en verduidelik dat die einde van die wêreld nie die einde van die letterlike hemele en aarde beteken nie. Die verkondiger tref reëlings vir nog ’n besoek om die Bybel se bewyse dat die einde van die huidige stelsel naby is, te bespreek.

15 min: Plaaslike behoeftes of ’n toespraak met die titel: “Behou die regte beskouing van vermaak”, wat gebaseer is op bladsye 3-10 in die Ontwaak! van 8 November 1992.

Lied 139 en slotgebed.

Week wat begin met 11 Januarie

Lied 162

10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner die broers aan die velddiensreëlings vir die komende naweek.

20 min: Stuur julle kinders skool toe met God se gedagtes in hulle hart. Toespraak deur ouere man. Ons woon in ’n wêreld wat daarop uit is om ons in sy vorm te druk. En dit geld veral vir ons jongmense. Ouers moet sensitief wees vir hulle kinders se behoeftes en probleme (Spr. 20:5). God se wette moet by hulle ingeskerp word en hulle moet verseker word dat God en hulle ouers hulle liefhet. Demonstrasie: Gesin bespreek hoe die Skool-brosjure gebruik kan word. Een kind gaan vir die eerste keer skool toe, terwyl die ander twee kinders reeds ’n paar jaar op skool is. Kies ’n punt wat op elkeen se omstandighede van toepassing sal wees. Laat kinders hulle in hulle eie woorde uitspreek teenoor die ouer wat as die onderwyser optree. Maak seker dat die kinders die betrokke beginsels verstaan. Die ouere man herinner ouers daaraan dat hulle kinders vrystelling moet kry van godsdiensonderrig en daaglikse godsdiensseremonies (Skriflesing en gebed inkluis). Die vader of die moeder moet saam met die kind(ers) gaan om die hoof te spreek en ’n brief saamneem waarin vrystelling gevra word. Die Wet op Onderwysaangeleenthede, Wet nr. 70 van 1988, maak spesifiek voorsiening vir vrystelling van hierdie bedrywighede, en geen kind moet gedwing word om teenwoordig te wees of godsdiensonderrigklasse by te woon nie. In party skole was onderwysers vriendelik genoeg om ’n klaskamer beskikbaar te stel waarin die Getuie-kinders tydens godsdiensonderrigperiodes bymekaar kan kom. Party skole het selfs toestemming gegee dat ’n ouer oor die Getuie-kinders toesig hou en hulle in Bybelonderwerpe onderrig. Waar hierdie voorsiening gemaak word, moet die ouere manne dit goed beheer en sorg dat ’n bekwame verkondiger daarna omsien. Die broer wat hierdie deel behartig, moet gesinsbybelstudie aanmoedig en beklemtoon hoe belangrik dit is dat ouers ’n hegte, intieme verhouding met hulle kinders het.

15 min: Vermy probleme met betrekking tot bloedoortappings—Dit is tyd om ons mediese dokument te hernieu. Die ouere man wat hierdie deel behartig, laat nuwe kaartjies aan gedoopte verkondigers uitgedeel word en hou ’n deeglike bespreking van die brief van 15 Oktober 1992, wat verduidelik hoe hierdie kaartjies gebruik moet word. Hersien ter voorbereiding die Genootskap se brief van 1 Januarie 1990. Diegene wat as getuies teken, moet persoonlik sien hoe die kaartjiehouer die dokument teken. Moedig almal aan om ’n nuwe kaartjie te voltooi voordat hulle die Koninkryksaal verlaat. Gedoopte verkondigers moet nooit die huis sonder hulle mediese dokument verlaat nie. Ongedoopte minderjarige kinders wat ’n Getuie-ouer het, moet altyd hulle identifikasiedokument by hulle hê. Toe daar onlangs ’n opname by ’n gemeentelike vergadering gedoen is, het 1 uit elke 5 verkondigers nie sy kaart by hom gehad nie, en geen kinders het hulle identifikasiedokument by hulle gehad nie. Lees ten slotte Spreuke 22:3 en pas dit toe.

Lied 151 en slotgebed.

Week wat begin met 18 Januarie

Lied 130

10 min: Plaaslike aankondigings en Teokratiese nuus. Lees die rekeningverslag en die Genootskap se erkenning van bydraes. Prys die gemeente vir hulle getroue geldelike ondersteuning van die plaaslike gemeente en die Genootskap se wêreldwye werk.

20 min: “Maak wyslik gebruik van belangrike hulpmiddele.” Ná ’n kort inleiding deur die voorsitter, sal twee demonstrasies gehou word wat gebaseer is op die materiaal in paragrawe 2 tot 5. Die huisbewoner neem die aanbod aan die einde van die eerste demonstrasie. Die verkondiger belowe om terug te kom om die vraag: Waarom laat God lyding toe?, te beantwoord. ’n Tuisbybelstudie word aan die einde van die tweede demonstrasie begin. Spoor almal aan om huisbewoners in ’n skriftuurlike bespreking te betrek wanneer hulle hierdie naweek aan die velddiens deelneem.

15 min: Waarom Christene hulle onthou van bloed. Toespraak deur ouere man wat gebaseer is op die definisie en die eerste drie tussenhofies onder “Bloed” op bladsye 69-70 in die Redenering-boek.

Lied 177 en slotgebed.

Week wat begin met 25 Januarie

Lied 128

5 min: Plaaslike aankondigings. Herinner almal daaraan dat hulle hulle velddiens stiptelik aan die einde van die maand moet rapporteer.

10 min: “’n Voortreflike diensvoorreg.” Bespreking met gehoor. Na gelang van die tyd kan daar ’n onderhoud gevoer word met ’n verkondiger wat ’n gevestigde tydskrifroete het. Hoe het hy dit begin? Hoe het dit hom gehelp om belangstelling aan te kweek of duidelik vas te stel in watter mate die huisbewoner belangstel? Spoor die gemeente aan om ’n volle aandeel aan die tydskrifverspreiding te hê en hersien ’n paar van die wenke op bladsy 11 van Ons Koninkryksbediening vir Oktober 1992.

15 min: “Kan jy Jehovah as ’n pionier dien?” Bespreking met gehoor. Voer ’n onderhoud met ’n jongmens wat ’n gewone pionier is of met ’n verkondiger wat as jongmens in die pionierdiens was. Beklemtoon hoe jongmense deur ouers en ander aangespoor kan word om hulle doelwit om die pionierdiens te betree, te bereik. Spoor almal hartlik aan om dit ernstig te oorweeg of hulle aan die voltydse diens kan deelneem. Beplan nou om gedurende April aan die hulppionierdiens deel te neem.

15 min: “Kweek belangstelling aan deur doeltreffende herbesoeke te doen.” Kort toespraak gevolg deur ’n demonstrasie van die gesprek in paragraaf 3. Party belangrike aspekte van die aanbieding, soos die inleiding of die oorgang na die teks, kan na gelang van die tyd herhaal word.

Lied 160 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel