Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/93 bl. 2
  • Toon waardering vir die losprys

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Toon waardering vir die losprys
  • Ons Koninkryksbediening—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Hou aan om die losprys te waardeer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan(Studie-uitgawe) — 2021
  • Die losprys – God se grootste geskenk
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Die losprys—God se grootste geskenk
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Wat beteken Jesus se dood vir jou?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1993
km 2/93 bl. 2

Toon waardering vir die losprys

1 Die begeerte om waardering te toon vir ’n vriend of ’n familielid wat gesterf het, is iets wat in alle kulture voorkom. Hierdie begeerte kan veral sterk wees as die geliefde gesterf het terwyl hy probeer het om ander se lewe te red. Almal wat die hoop het om vir ewig te lewe, het die grootste redes om waardering vir die losprys te toon deur die herdenking van Christus se dood op 6 April by te woon.—2 Kor. 5:14, 15a; 1 Joh. 2:2.

2 Waardeer Jehovah se liefde: Hoe gepas is dit tog dat ons ons innigste waardering toon vir ons grootste Weldoener, Jehovah God, wat die losprys voorsien het! (1 Joh. 4:9, 10). Die diepte van Jehovah se liefde word geopenbaar in die unieke gawe wat hy as ons losprys voorsien het, nie net een van die miljoene regverdige engele nie, maar sy eniggebore, geliefste Seun (Spr. 8:22, 30, NW). Hierdie Seun wat Jehovah die beste ken, Jesus Christus, het ons aan die volgende herinner: “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”—Joh. 3:16.

3 Waardeer Jesus Christus se liefde: Dit is eweneens gepas dat ons innige waardering vir Jesus Christus toon, wat sy lewe gegee het as ’n losprys vir baie (Matt. 20:28). Sy liefde is geopenbaar in sy gewilligheid om hom te onderwerp aan Jehovah se wil vir hom met betrekking tot die losprys. Dink net aan hoe hy die gunstige omstandighede saam met sy Vader en die tallose regverdige engele opgeoffer het sodat hy ons losprys kon wees. Nóg die uitdaging om tussen sondige mense te lewe en aan hulle onderdanig te wees, nóg die wete dat die voorsiening van die losprys sy dood sou beteken, het hom gekeer. Trouens, hy het ‘die gestalte van ’n dienskneg aangeneem en aan die mense gelyk geword; Hy het Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood aan die folterpaal’.—Filip. 2:5-8, vgl. NW.

4 Hoe toon ons waardering vir die losprys?: Ons waardering vir die losprys moet verder strek as ’n blote dankie. Ons moet van God se voorsiening vir redding deur Jesus Christus leer (Joh. 17:3). Dan moet ons geloof in die losprys beoefen (Hand. 3:19). Daarna moet ons beweeg word om onsself aan Jehovah God te gee deur ons toe te wy en te laat doop (Matt. 16:24). Wanneer ons ons toewyding uitleef, moet ons elke geleentheid benut om ander te vertel van die wonderlike losprysvoorsiening vir redding.—Rom. 10:10.

5 Dit is nie buite enigeen van ons se bereik om aan hierdie vereistes te voldoen nie. Miga 6:8 verseker ons: “En wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?” Dawid het eweneens aan Jehovah gesê: “Dit kom alles van U, en uit u hand het ons dit aan U gegee.”—1 Kron. 29:14.

6 Om ’n groter waardering vir Jehovah se wonderlike voorsiening op te bou, kan julle gerus voor die Gedenkmaal hoofstukke 112 tot 126 in die Grootste mens-boek as ’n gesin lees en bespreek. Op dié manier kan ons ons almal geestelik instel om waardering vir die losprys te toon by die Gedenkmaalviering wat op 6 April 1993 gehou gaan word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel