Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Februarie: Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe teen ’n bydrae van R8,00. Klein uitgawes kos R4,00. Maart: Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! teen ’n bydrae van R8,00 of Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk teen ’n bydrae van R4,00. April en Mei: Intekening op Die Wagtoring teen ’n bydrae van R17,00 vir halfmaandelikse uitgawes. Jaarintekeninge op maandelikse uitgawes en halfjaarlikse intekeninge op halfmaandelikse uitgawes kos R8,50.
◼ Ons wil die gemeentes bedank vir hulle reaksie op ons brief van 15 Mei 1991 oor die hantering van intekeninge. Die aantal onbestelbare intekeninge op ons lêer het gedaal tot byna die helfte van wat dit was toe die brief uitgestuur is. Ons wil julle prys vir julle pligsgetroue pogings en julle aanmoedig om voort te gaan om op die herinnerings in hierdie brief ag te slaan. Skenk asseblief veral aandag daaraan om die taal op elke intekeningstrokie in te vul, aangesien dit dikwels uitgelaat word.
◼ Die Gedenkmaalviering sal op Dinsdag, 6 April 1993, gehou word. Hoewel die toespraak vroeër kan begin, moet julle asseblief onthou dat die brood en wyn vir die Gedenkmaal nie voor sononder omgestuur moet word nie. Julle kan plaaslik uitvind hoe laat sononder in julle omgewing is. Daar moet daardie dag geen vergaderinge behalwe velddiensvergaderinge gehou word nie. As julle gemeente gewoonlik op ’n Dinsdag ’n vergadering het, kan julle dit dalk op ’n ander dag in die week hou as die Koninkryksaal beskikbaar is. As julle Diensvergadering daardeur geraak word, kan julle dalk enige dele op die program wat spesifiek op julle gemeente betrekking het by ’n ander Diensvergadering inlyf. Gemeentes wat die kringopsiener se besoek het, moet die vergaderinge wat hulle gewoonlik op ’n Dinsdagaand hou op ’n ander aand hou.
◼ STREEKBYEENKOMSTE VIR 1993: Voorlopige reëlings vir die vierdagstreekbyeenkomste is soos volg:
2-5 Desember:
St. Helena (Engels)
9-12 Desember:
Gaborone (Engels, Tswana)
Windhoek (tweetalige program in Afrikaans/Engels)
16-19 Desember:
Bloemfontein (tweetalige program in Afrikaans/Engels, Suid-Sotho)
Empangeni (Zulu)
Newcastle (Zulu)
Nkowankowa (Tsonga, sommige dele in Venda)
Ongwediva (tweetalige program in Kwanyama/Ndonga)
Oos-Londen (Engels, Xhosa)
23-26 Desember:
KaNyamazane, naby Witrivier (Zulu)
Lebowakgomo (Sepedi)
Mafikeng (Tswana)
Manzini (Engels, Zulu)
Maseru (sommige dele in Engels, Suid-Sotho)
Port Elizabeth (Afrikaans, Engels, Xhosa)
Umtata (Xhosa)
30 Desember 1993–2 Januarie 1994:
Durban (Engels, Zulu)
Johannesburg (Afrikaans, Engels, sommige dele in Grieks, Portugees, Suid-Sotho, Zulu)
Kaapstad (Afrikaans, Engels, Xhosa)
Pretoria (Afrikaans, Engels, tweetalige program in Sepedi/Suid-Sotho, Zulu)
◼ Nuwe publikasies beskikbaar:
Afrikaans: Gee God werklik vir ons om? (gemeente en publiek: 80 sent; pioniers: 40 sent); Sal hierdie wêreld bly voortbestaan? (Traktaat nr. 19; gemeente, publiek en pioniers: 2 sent). Engels: Gee God werklik vir ons om?; Sal hierdie wêreld bly voortbestaan? (Traktaat nr. 19); Watch Tower Publications Index 1986-1990 (gemeente en publiek: R5,60; pioniers: R2,80). Kwanyama: Sal hierdie wêreld bly voortbestaan? (Traktaat nr. 19). Portugees: Gee God werklik vir ons om?; Sal hierdie wêreld bly voortbestaan? (Traktaat nr. 19). Sepedi: Gee God werklik vir ons om?; Sal hierdie wêreld bly voortbestaan? (Traktaat nr. 19). Suid-Sotho: Gee God werklik vir ons om?; Sal hierdie wêreld bly voortbestaan? (Traktaat nr. 19). Tsonga: Gee God werklik vir ons om?; Sal hierdie wêreld bly voortbestaan? (Traktaat nr. 19). Tswana: Gee God werklik vir ons om?; Sal hierdie wêreld bly voortbestaan? (Traktaat nr. 19). Venda: Gee God werklik vir ons om?; Sal hierdie wêreld bly voortbestaan? (Traktaat nr. 19). Xhosa: Gee God werklik vir ons om?; Sal hierdie wêreld bly voortbestaan? (Traktaat nr. 19). Zulu: Gee God werklik vir ons om?; Sal hierdie wêreld bly voortbestaan? (Traktaat nr. 19).
◼ Nuwe kassette beskikbaar:
Engels: Doing God’s Will With Zeal (gemeente en publiek: R7,00; pioniers: R6,00).