Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/93 bl. 4
  • Eenvoudige en doeltreffende aanbiedings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Eenvoudige en doeltreffende aanbiedings
  • Ons Koninkryksbediening—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe ons die lektuur by ons inleiding kan inskakel
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Skakel die traktate by ander lektuur in
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Gebruik jy ’n gepaste inleiding?
    Ons Koninkryksbediening—1988
  • Gebruik brosjures doeltreffend in julie
    Ons Koninkryksbediening—1993
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1993
km 2/93 bl. 4

Eenvoudige en doeltreffende aanbiedings

1 Jesus het die Koninkryk van God op ’n eenvoudige en openhartige manier verkondig. Hy het geweet dat skaapgeaardes gunstig sou reageer wanneer hulle die waarheid hoor. Hy het ook geweet dat mense in hulle denkwyse, belange en redeneringsvermoë verskil. Daarom het hy verskillende eenvoudige inleidings, vrae en illustrasies gebruik om sy luisteraars te boei en hulle hart te raak. Ons kan sy voorbeeld navolg en eenvoudige en doeltreffende aanbiedings goed benut.

2 Gebruik die Redenering-boek op ’n doeltreffende manier: Die eerste inleiding onder die opskrif “Werkgeleenthede/Behuising” op bladsy 14 van die Redenering-boek is aktueel en maklik om te gebruik.

Jy kan sê:

◼ “Ons het met jou bure gesels oor wat gedoen kan word om te verseker dat almal werk en ’n dak oor hulle kop het. Dink jy dit is redelik om te verwag dat menseregerings dit sal regkry? . . . Maar daar is iemand wat weet hoe om hierdie probleme op te los; dit is die mensdom se Skepper.” Lees Jesaja 65:21-23. Dan kan jy die huisbewoner vra wat hy daarvan dink.

3 Die inleiding onder die opskrif “Ongeregtigheid/Lyding” op bladsy 13 sal deesdae baie se belangstelling wek.

Jy kan vra:

◼ “Het jy al ooit gewonder: Is God waarlik besorg oor die ongeregtigheid en lyding wat mense ondervind?” Laat die huisbewoner antwoord en lees dan Prediker 4:1 en Psalm 72:12-14. Blaai na die prente op bladsye 150-3 in die Paradys op aarde-boek en toon kortliks hoe vandag se wêreldtoestande ’n vervulling van Bybelprofesieë is. Blaai dan na bladsye 161-2 om te toon watter verdere seëninge God vir die mens voorspel het. Vra die huisbewoner van watter belofte hy die meeste hou.

4 As die huisbewoner nie in die boek belangstel nie of reeds een het, kan jy twee tydskrifte aanbied. Probeer om altyd iets by die huisbewoner te laat, soos ’n brosjure of selfs ’n gratis traktaat.

As die aanbod van die boek van die hand gewys word, kan jy byvoorbeeld sê:

◼ “Hierdie brosjure, Gee God werklik vir ons om?, verduidelik wat God belowe het om te doen om ons daaglikse behoeftes te bevredig en toon hoe ons daarby kan baat vind.” Blaai na bladsye 26 en 27 van die brosjure en vestig die huisbewoner se aandag op paragraaf 21.

5 As jy besluit om ’n traktaat aan te bied, soos Sal hierdie wêreld bly voortbestaan?, kan jy die volgende benadering gebruik:

Jy kan sê:

◼ “Daar is vandag soveel verdriet en probleme in die wêreld. Hierdie traktaat toon dat oorlog, hongersnode en gesondheidsprobleme alles in die Bybel voorspel is. Maar God het ook belowe om ’n wonderlike verandering vir die mensdom teweeg te bring.” Lees die laaste paragraaf op bladsy 5 van die traktaat.

6 Ons opregte belangstelling in mense, asook ’n eenvoudige en doeltreffende aanbieding wat die hart raak, sal skaapgeaardes ongetwyfeld aantrek.—Joh. 10:16.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel