Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/93 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1993
Ons Koninkryksbediening—1993
km 11/93 bl. 7

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir November: Die Bybel—God se woord of die mens s’n? teen ’n bydrae van R3,00. (Engels: New World Translation of the Holy Scriptures saam met die boek The Bible—God’s Word or Man’s? teen ’n bydrae van R15,00.) Desember: Die grootste mens wat nog geleef het teen ’n bydrae van R9,00. Januarie: Die mensdom se soeke na God teen ’n bydrae van R4,50. Februarie: Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe teen ’n bydrae van R9,00. Klein uitgawe kos R4,50.

◼ HERINNERING: Maak asseblief seker dat jy jou lapelkaart vir die “Goddelike Onderrigting”-Streekbyeenkoms betyds kry. Elke verkondiger moet gedurende die byeenkoms een dra, wat hom as een van Jehovah se Getuies sal identifiseer. Dit sal ook die buitelandse byeenkomsgangers by die vier internasionale byeenkomste in staat stel om jou te identifiseer, wat tot opbouende omgang met ons besoekende broers sal lei.

◼ Aan die sekretaris en die rekeningkneg: Tjeks wat aan die Genootskap uitgemaak word, moet die Watch Tower Society as die begunstigde aangee, en nie WTB & TS nie, aangesien die bank nie die begunstigde duidelik kan uitken nie. Wanneer julle ’n verandering op ’n tjek aanbring, moet albei die gemagtigde ondertekenaars asseblief hulle VOLLE naam teken pleks van die verandering net te parafeer.

◼ LET WEL: Die datum vir die streekbyeenkoms in Bloemfontein het na 23-26 Desember 1993 verander. Die vergaderplek het ook verander. Die byeenkoms sal nou in die Springbokpark-krieketstadion gehou word, wat langs die Rugbystadion geleë is.

◼ Die datum vir die streekbyeenkoms in Gaborone, Botswana, is na 16-19 Desember 1993 verander. Hierdie byeenkoms sal nou by die Universiteit van Botswana gehou word in die ou eetsaal en die Student Union Hall.

◼ Nuwe videokassette beskikbaar:

Engels: The Bible—Accurate History, Reliable Prophecy (gemeente en publiek: R45,00; pioniers: R40,00).

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel