’n Spesiale maand vir velddiens
1 Kan Desember vir jou ’n spesiale maand vir velddiens wees? Hoewel jy moontlik jou gewone roetine ’n bietjie sal moet aanpas, sal die belonings dit beslis die moeite werd maak.
2 Van die jonger, gedoopte verkondigers sal hulle skoolvakansie hê en sal graag dié maand as hulppioniers wil dien. Hoe opbouend sal dit tog vir hulle wees as van die ouere manne, bedieningsknegte en ander verkondigers saam met hulle aan die velddiens deelneem! Sal dit vir jou moontlik wees om selfs net ’n paar ekstra ure in die diens deur te bring saam met diegene wat wel aan die pionierdiens kan deelneem as jou persoonlike omstandighede jou nie toelaat om gedurende die maand daaraan deel te neem nie? Dit sal julle sekerlik wedersyds aanmoedig.
3 Ons het ook julle samewerking nodig om te verseker dat alle velddiensrapporte vir Desember betyds ingegee word. Ons sal ons “Goddelike Onderrigting”-Streekbyeenkoms gedurende Desember hou, en party kombineer hulle jaarlikse vakansie met hulle bywoning van die byeenkoms. As jy teen die einde van Desember nie by jou tuisgemeente gaan wees nie, moet jy seker maak dat jy vroeg in die maand aan die bediening deelneem. Gee jou velddiensrapport in voordat jy op vakansie gaan of stuur dit vroegtydig aan die gemeentelike sekretaris sodat dit by die Gemeentelike Rapport vir daardie maand ingesluit kan word.
4 As al die verkondigers ’n groter poging aanwend, kan die ouere manne moontlik vir elke dag gedurende die vakansieseisoen reëlings vir groepsgetuieniswerk tref sodat diegene wat wel aan die pionierdiens kan deelneem altyd iemand sal hê om saam met hulle aan die velddiens deel te neem. Dit is nou die tyd om individueel, as gesinsgroepe en op gemeentelike vlak te beplan om Desember ’n spesiale maand vir velddiens in julle gemeente te maak.