Teokratiese nuus
Côte d’Ivoire: Altesaam 4330 verkondigers het in Junie gerapporteer, hulle sesde verkondigerhoogtepunt die afgelope diensjaar.
Italië: Nog ’n verkondigerhoogtepunt is in Junie gerapporteer, met 198 179 wat velddiens gedoen het. Twee-en-twintig nuwe gemeentes is gedurende die maand gestig.
Kameroen: In Junie is ’n nuwe hoogtepunt van 18 810 verkondigers bereik, en 84 is gedurende die maand gedoop.
Sao Tomé en Principe: ’n Wettige genootskap is op 30 Junie gestig, wat die deur tot groter bedrywigheid geopen het. Die 100 verkondigers wat vir die maand gerapporteer het, verteenwoordig ’n vermeerdering van 43 persent teenoor die vorige jaar se gemiddelde.
Suid-Afrika: Die Spruitviewgemeente, suidoos van Johannesburg, het groot waardering vir hulle nuwe Koninkryksaal wat op 22 Augustus 1993 toegewy is. Dit is 1 van die 9 snelbouprojekte wat vir 1993 deur die Witwatersrandse Streekboukomitee onderneem is.
Uruguay: ’n Nuwe hoogtepunt van 9093 verkondigers is in Junie bereik.