Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/93 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1993
Ons Koninkryksbediening—1993
km 12/93 bl. 7

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Desember: Die grootste mens wat nog geleef het teen ’n bydrae van R9,00. Januarie: Die mensdom se soeke na God teen ’n bydrae van R4,50. Februarie: Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe teen ’n bydrae van R9,00. Klein uitgawes kos R4,50. Maart: Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk teen ’n bydrae van R4,50.

◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel word, moet die gemeenterekeninge op 1 Desember of so gou moontlik daarna ouditeer. Kondig dit in die gemeente aan wanneer dit gedoen is.

◼ Die Gedenkmaal vir 1995 sal op Vrydag, 14 April, ná sononder gehou word. Hierdie kennisgewing van die datum vir 1995 se Gedenkmaalviering word vroegtydig gegee sodat broers die nodige besprekings kan maak of kontrakte vir beskikbare sale kan aangaan waar te veel gemeentes een Koninkryksaal gebruik en hulle ander fasiliteite moet kry.

◼ Bethel het dringend die dienste van ’n gekwalifiseerde petrol- of dieselwerktuigkundige en ’n gekwalifiseerde masjienwerker nodig. Enige broer wat hom beskikbaar kan stel, moet so gou moontlik met die Genootskap in aanraking kom.

◼ Nuwe rekenaardiskette beskikbaar:

Engels: New World Translation of the Holy Scriptures-With References/Insight on the Scriptures. Hierdie vrystelling bestaan uit die New World Translation en albei Insight-boekdele. Dit is beskikbaar in 1,2-megagreepdiskette met ’n deursnee van 5 1/4 duim of 1,44-megagreepdiskette met ’n deursnee van 3 1/2 duim. ’n Rekenaar met ’n harde skyf wat ’n minimum beskikbare ruimte van 18 megagrepe het, is nodig (gemeente en publiek: R55,00; pioniers: R48,00).

◼ Nuwe publikasies beskikbaar:

Engels vir die dowes: Sal hierdie wêreld bly voortbestaan? (Traktaat nr. 19); Vertroosting vir dié wat aan depressie ly (Traktaat nr. 20); Put genot uit jou gesinslewe (Traktaat nr. 21) en Wie heers werklik oor die wêreld? (Traktaat nr. 22) (gemeente, publiek en pioniers: drie sent). Tsonga: Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou (gemeente en publiek: R3,00; pioniers: R2,25).

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel