Die Yearbook—’n skatkis van bemoediging
1 Verslae en ondervindinge oor Jehovah se wonderlike werke was nog altyd vir God se knegte verkwikkend (Job 38:4, 7; Spr. 25:25; Luk. 7:22; Hand. 15:31). Dit is waarom die Yearbook of Jehovah’s Witnesses ’n skatkis van bemoediging is.
2 Elke Yearbook bevat opbouende verslae uit alle wêrelddele oor die bedrywighede van Jehovah se Getuies en dit wat hulle bereik het. Geloofversterkende ondervindinge beklemtoon die feit dat Jehovah sy volk lei, beskerm en seën. Die Yearbook vertel van moedige manne en vroue wat hulle familie, vriende en vaderland verlaat het om Bybelwaarhede aan mense op al die vastelande en die meeste eilande van die see te bring.
3 Die Yearbook het baie lesers beweeg om hulle diens aan God uit te brei. Een leser het geskryf: “Ek kan dit nie vinnig genoeg lees nie. Wat ek sover gelees het, was baie bemoedigend. Dit laat my voel dat ek meer in die verkondiging van die goeie nuus kan doen wanneer ek sien wat ander onder moeilike omstandighede doen.”
4 Sedert 1927 was die Yearbook of Jehovah’s Witnesses nog elke jaar ’n ware skatkis van besielende verslae en ondervindinge. Vind jy ten volle baat by hierdie unieke bron van bemoediging? Maak seker dat jy die Yearbook lees sodra jy dit kry sodat jy daarby baat kan vind. Hersien dan deur die jaar spesifieke dele daarvan sodat jy en jou gesin die nodige bemoediging daaruit kan put.