Teokratiese nuus
Estland: In September het 1 753 verkondigers velddiens gerapporteer. Dit was ’n vermeerdering van 24 persent oor verlede jaar se maandelikse gemiddelde.
Suid-Afrika: Die Robertshamgemeente, net suid van Johannesburg, het in hulle gerieflike snelbou-Koninkryksaal ingetrek. Hierdie nuwe saal is in Januarie toegewy.
Turkye: Die “Goddelike Onderrigting”-Streekbyeenkoms is deur 1 510 bygewoon, en 44 het hulle toewyding gesimboliseer. Die plaaslike televisie het ’n goeie verslag oor die byeenkoms gelewer.