Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Februarie: Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe teen ’n bydrae van R9,00. Klein uitgawes kos R4,50. Maart: Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk teen ’n bydrae van R4,50. April en Mei: Intekening op Die Wagtoring teen ’n bydrae van R19,00 vir halfmaandelikse uitgawes. Jaarintekeninge op maandelikse uitgawes of halfjaarlikse intekeninge op halfmaandelikse uitgawes kos R9,50.
◼ Die sekretaris en die diensopsiener moet die bedrywighede van al die gewone pioniers nagaan. As enigeen van hulle dit moeilik vind om die uurvereiste te bereik, moet die ouere manne reël dat hulle gehelp word. Hersien die wenke in die Genootskap se briewe (S-201) van 1Oktober 1993 en 1 Oktober 1992. Sien ook paragrawe 12-20 in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Augustus 1986.
◼ Die Gedenkmaalviering sal op Saterdag, 26 Maart 1994, gehou word. Hoewel die toespraak vroeër mag begin, moet julle asseblief onthou dat die brood en wyn vir die Gedenkmaal nie voor sononder omgestuur moet word nie. Julle kan plaaslik uitvind hoe laat die son in julle omgewing ondergaan. Op daardie dag moet daar geen vergaderinge behalwe velddiensvergaderinge gehou word nie. As julle gemeente gewoonlik ’n vergadering op ’n Saterdag het, moet julle dit op ’n ander dag van die week hou indien die Koninkryksaal beskikbaaris.
◼ Maart en April sal twee spesiale maande vir velddiensbedrywighede wees. Aangesien daar ’n paar openbare vakansiedae in April is, sal dit ’n ideale maand wees om aan die hulppionierdiens deel te neem. Ons wil graag in April ’n nuwe hoogtepunt in hulppioniers probeer bereik. Verkondigers wat in Maart en/of April as hulppioniers wil dien, moet nóú hulle reëlings tref en hulle aansoek vroegtydig ingee. Dit sal die ouere manne help om die nodige velddiensreëlings te tref en genoeg lektuur beskikbaar te hê.