Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/94 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir Maart

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir Maart
  • Ons Koninkryksbediening—1994
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 7 Maart
  • Week wat begin met 14 Maart
  • Week wat begin met 21 Maart
  • Week wat begin met 28 Maart
Ons Koninkryksbediening—1994
km 3/94 bl. 2

Diensvergaderinge vir Maart

Week wat begin met 7 Maart

Lied 200

10 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.

20 min: “Voortdurende uitbreiding vergroot die behoefte aan Koninkryksale”—Deel 1.Vraag-en-antwoord-dekking van paragrawe 1-10 van die byvoegsel. Beklemtoon die redes waarom ouere manne met die Streekboukomitee in aanraking moet kom wanneer hulle daaraan begin dink om ’n Koninkryksaal te bou.

15 min: “Bied die Jongmense vra-boek aan.” Gehoorbespreking. Laat goed voorbereide verkondigers die aanbiedings in paragrawe 2 en 3 demonstreer. Demonstreer ook kortliks hoe ’n verkondiger ’n belangstellende huisbewoner na die Gedenkmaal en die spesiale openbare toespraak nooi. Laat die gehoor ná elke demonstrasie kommentaar lewer oor wat hulle uit die aanbieding geleer het. Moedig almal aan om hierdie maand ’n deelname te hê aan die aanbieding van die Jongmense vra-boek.

Lied 225 en slotgebed.

Week wat begin met 14 Maart

Lied 205

10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Vestig die aandag op spesifieke punte in die jongste tydskrifte wat hierdie week in die veldbediening gebruik kan word.

15 min: “Kan jy gedurende April groter lof aan Jehovah bring?” Vraag-en-antwoord-dekking. Laat diegene wat in die verlede hulppionierdiens gedoen het kommentaar lewer. Laat hulle verduidelik hoe hulle hulle sake aangepas het om ’n aandeel aan hierdie voorreg te hê. Moedig almal aan wat van plan is om in April hulppionierdiens te doen om so gou moontlik hulle aansoekvorms in te gee.

20 min: “Laat hulle welkom voel by die Gedenkmaal.” Vraag-en-antwoord-dekking. Hou ná paragraaf 3 ’n kort demonstrasie van ’n bedieningskneg wat ’n nuweling by die Gedenkmaal verwelkom. Die presiderende opsieners moet die lys op bladsy 7 van Ons Koninkryksbediening vir Maart 1993 nagaan om seker te maak dat al die reëlings vir die Gedenkmaal getref is.

Lied 150 en slotgebed.

Week wat begin met 21 Maart

Lied 143

10 min: Plaaslike aankondigings asook rekeningverslag en erkenning van bydraes. Bespreek die venster met die titel “Voedsel op die regte tyd”. Moedig almal aan om belangstellendes na die spesiale toespraak te nooi wat op 10 April gehou gaan word.

15 min: “Help ander om op die Koninkryksboodskap ag te slaan.” ’n Bespreking. Hou goed voorbereide demonstrasies van die aanbiedings in paragrawe 2 en 3.

20 min: “Voortdurende uitbreiding vergroot die behoefte aan Koninkryksale”—Deel 2.Geesdriftige toespraak deur ouere man oor paragrawe 11-20 van die byvoegsel. Beklemtoon dat daar ’n behoefte aan meer vrywilligers is en hou by die vergadering die Kingdom Hall Volunteer Worker Questionnaire-vorms byderhand. Bespreek die tien stappe wat nodig is om ’n Koninkryksaal te bekom. Na gelang van die tyd kan julle gepaste ondervindinge vertel van vorige Koninkryksaalbouprojekte in julle gebied. Die sekretaris moet asseblief ’n afskrif van hierdie byvoegsel in die gemeente se lêers onder “Koninkryksaal” hou.

Lied 121 en slotgebed.

Week wat begin met 28 Maart

Lied 112

15 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek en demonstreer gepaste maniere om in die plaaslike gebied te getuig met behulp van die aanbod vir April. Vertel ondervindinge wat toon hoe sommige verkondigers intekeninge tydens ’n herbesoek gekry het. Meld reëlings vir die spesiale Tydskrifdag op 9 April. Is almal voorbereid en gereed om ’n volle dag aan tydskrifverspreiding te bestee? Die ouere manne en bedieningsknegte moet hierin ywerig die leiding wil neem en almal in die gemeente help om ’n deelname te hê. Wakker geesdrif aan vir die spesiale openbare toespraak op 10 April. Moedig almal in die gemeente sowel as belangstellendes aan om dit by te woon. Dit is nog ’n spesiale gebeurtenis wat gedurende April plaasvind. Hierdie toespraak sal regoor die wêreld in meer as 70 000 gemeentes gehou word. Die titel is “Die ware godsdiens voorsien in die behoeftes van die mensegemeenskap”.

15 min: “Hou vas aan die openbare bekendmaking van jou hoop sonder om te wankel.” Vraag-en-antwoord-dekking deur die Wagtoring-studiehouer. Kry kommentare van diegene wat hulle vrees oorkom het om kommentaar by die vergaderinge te lewer. Beklemtoon hoe belangrik voorbereiding is. Moedig die gemeente aan om voor te berei sodat hulle elke week ’n volle deelname aan die gemeentelike studie van Die Wagtoring kan hê.

15 min: Handhaaf Christelike neutraliteit. Bespreking deur ’n ervare ouere man van die brief van 17Junie 1993 aangaande ons neutrale standpunt. Gedurende April gaan algemene verkiesings in Suid-Afrika gehou word. Sal die broers weet hoe om op te tree wanneer hulle voor hierdie nuwe toets van hulle onkreukbaarheid te staan kom? Politieke gevoelens gaan hoog loop. Dit sal veral die geval wees in die swart veld waar mense nie daaraan gewoond is om te stem nie en waar geweld gebruik kan word om ons broers te dwing om te stem. Ons wil enige vorm van konfrontasie vermy. Wat moet ons doen? Ons moet gedurende die hele April, ook waar moontlik op 27 April, ’n volle deelname aan die predikingswerk hê. Mense in ons gebied sal deur ons gedrag en openbare predikingswerk van ons streng neutrale standpunt bewus word. Ouere manne moet veral goed ingelig wees sodat hulle ander kan help en van leiding kan voorsien. Moedig almal aan om vertroud te raak met die inligting onder “Neutraliteit” in die Redenering-boek.

Lied 15 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel