Hoe om ’n Koninkryksaal te verkry
Volg hierdie aanvangsprosedures stap vir stap:
Hou ’n vergadering met julle kringopsiener
Bespreek gepaste dele in die Genootskap se Koninkryksaal-memorandum.
Maak in die gemeente se naam ’n spaarrekening oop vir die boufonds.
Stel ’n Boukomitee aan
’n Boukomitee bestaan uit drie of meer ouere manne wat verkieslik sake- en/of bouondervinding het.
Soek ’n moontlike terrein(e) wat vir die meeste verkondigers sentraal geleë is
Vereistes waaraan die terrein moet voldoen:
±1500 vierkante meter; verkieslik ’n gelyk stuk grond; met godsdienssonering; vermy klei, klip en gebiede met ’n hoë geraasvlak.
Hou ’n vergadering met julle Streekboukomitee en besluit op ’n terrein
Julle kringopsiener kan vir julle sê hoe julle met hulle in aanraking kan kom.
Koop die eiendom en registreer dit in julle gemeente se naam
Byvoorbeeld: Kyalami-Sentraalgemeente van Jehovah se Getuies.
Moet dit nie in die naam van die Genootskap of dié van ’n persoon registreer nie.
Stel trustees deur middel van ’n resolusie aan. Vra die Genootskap om vorms aan julle te stuur.
Skryf aan die Genootskap vir ’n voorbeeld van ’n konstitusie.
Stuur julle afskrif van ’n grondbrief (of transportakte) aan die Genootskap.
Stel vas hoeveel geld julle beskikbaar het
Verwys na punt 15 in die Koninkryksaal-memorandum.—Lukas 14:28.
Hou ’n vergadering met die Streekboukomitee en besluit op ’n ontwerp vir die saal
Hou al die inligting byderhand wat die Streekboukomitee nodig sal hê.
Indien julle geldelike ondersteuning nodig het, moet julle vra dat julle kringopsiener of Streekboukomitee vir julle ’n “Kingdom Hall Loan Survey”-vorm gee.
Stuur ’n afskrif van julle ontwerp aan die Genootskap
As die Genootskap dit goedgekeur het, kan julle julle bouplanne vir goedkeuring aan die owerheid voorlê.
Neem versekering uit voor julle op die terrein begin bou
Skryf aan die Genootskap in verband met versekering.
Die Streekboukomitee sal julle nou verder help ...
Ouere manne moet entoesiasties bly.
Julle moet tydens die hele projek julle volle samewerking aan die Streekboukomitee gee.
Hou die Genootskap op hoogte van sake namate julle projek vorder.