Diensvergaderinge vir Augustus
Week wat begin met 1 Augustus
15 min: Plaaslike aankondigings en gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Demonstreer gesprekspunte uit jongste tydskrifte wat hierdie naweek in die velddiens gebruik kan word. Dit is die laaste maand van die diensjaar en daarom moet almal aangemoedig word om elke naweek ’n groter aandeel aan die velddiens te hê.
15 min: “Behou ’n positiewe gesindheid.” Vrae en antwoorde. Voer ’n kort onderhoud met ’n pionier of iemand wat al lank ’n verkondiger is wat kan vertel hoe dit moontlik is om ’n positiewe gesindheid te behou ten spyte van onverskilligheid of teëstand in die gebied.
15 min: “Brosjures—waardevolle instrumente vir die bediening.” Bespreek met gehoor. Reël twee goed voorbereide demonstrasies van die voorgestelde aanbiedings. Vertoon party van die brosjures wat gedurende Augustus aangebied gaan word. Herinner die gehoor daaraan om hulle eksemplare vir die diens hierdie week te kry.
Lied 142 en slotgebed.
Week wat begin met 8 Augustus
10 min: Plaaslike aankondigings.
15 min: “Leer jou broers beter ken.” Vrae en antwoorde. Nooi die gehoor om kort ondervindinge te vertel wat toon hoe hulle ander beter kon leer ken deur die wenke in paragraaf6 toe te pas.
20 min: Doen meer informele getuieniswerk. ’n Groep van drie of vier verkondigers bespreek hoe hulle hulle aandeel aan hierdie bedrywigheid kan uitbrei. Met behulp van Die Wagtoring van 15 Oktober 1987, bladsye 22-7, hersien hulle wat ander gedoen het, en hulle gesels oor hoe hulle beplan om ’n groter aandeel aan hierdie soort werk te hê. Die voorsitter spoor die gehoor aan om daaroor na te dink hoe hulle aan hierdie aspek van die diens kan deelneem.
Lied 182 en slotgebed.
Week wat begin met 15 Augustus
5 min: Plaaslike aankondigings asook rekeningeverslag en erkennings van bydraes.
15 min: “Ontwikkel belangstelling tydens herbesoeke.” Bespreek met gehoor. Sluit twee demonstrasies van 3 minute in wat toon hoe die aanbiedings gebruik kan word om herbesoeke te doen. Spoor broers aan om Bybelstudies te probeer begin.
25 min: “Gaan voort om in ’n ordelike roetine te wandel.” Vrae en antwoorde.
Lied 96 en slotgebed.
Week wat begin met 22 Augustus
15 min: Plaaslike aankondigings en “Die nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag”. Kondig die datum van die volgende spesiale byeenkomsdag aan, indien dit bekend is, en spoor almal aan om reëlings te tref dat hulle dit kan bywoon.
15 min: Hoe kan ek na aan God kom? Demonstrasie van gesinstudie. Ouers bespreek materiaal in hoofstuk 39 van die Jongmense vra-boek met tienderjarige kinders. Dek die tussenhofie “Verkondig jou vriendskap met God in die openbaar”, bladsye 315-18. Die kinders kla dat hulle skaam voel wanneer hulle van deur tot deur gaan en sê dat die vergaderinge eentonig is en dat daar te veel vergaderinge is. Ouers redeneer vriendelik met hulle en wys op skriftuurlike beginsels wat toon dat hierdie bedrywighede noodsaaklik is as hulle ’n goeie verhouding met Jehovah wil behou.
15 min: Plaaslike behoeftes. Of hou ’n toespraak oor die artikel “Intensief besig met die goeie nuus” in Die Wagtoring van 1 Julie 1991, bladsye 28-30.
Lied 184 en slotgebed.
Week wat begin met 29 Augustus
15 min: Plaaslike aankondigings. Verslag oor vordering in ontoegekende gebied. Stel die gemeente in kennis van die reëlings vir September en spoor almal aan om dit te ondersteun. Voer ’n onderhoud met een of twee verkondigers wat ondervindinge het om te vertel. Gemeentes wat nie in die ontoegekende gebied kan werk nie, kan almal aanspoor om die plaaslike gebied deeglik te dek. Kan ook die kringopsiener se kommentare tydens sy laaste besoek bespreek. Die sekretaris en boekstudiehouers moet seker maak dat alle laat velddiensrapporte vir die 1994-diensjaar ingegee word. Herinner verkondigers daaraan dat hulle hulle velddiens vir Augustus stiptelik moet rapporteer.
15 min: “Kan jy weer by die pioniergeledere aansluit?” Bespreek met gehoor. Sluit enige plaaslike ondervindinge in wat toon hoe iemand weer die pionierdiens kon betree of hoe ’n huisgesin hulle samewerking gegee het sodat ’n gesinslid hierdie voorreg kan benut.
15 min: Bied die Paradys op aarde-boek gedurende September aan. Spoor broers aan om gedurende September hierdie boek geesdriftig te versprei en studies te begin. Dit is in 1982 vrygestel en word sedertdien as die vernaamste instrument gebruik om Bybelstudies mee te hou. Eksemplare wat by streekbyeenkomste vrygestel is, het hierdie boodskap bevat: “Hierdie nuwe studieboek bevat presies wat nodig is om baie ander te help om dieselfde hoop te koester as wat ons het. ... [Dit] bevat ... al die belangrike Bybelwaarhede wat nuwelinge moet verstaan om hulle lewens aan Jehovah toe te wy en hom op aanneemlike wyse te dien.” Resultate toon dat verkondigers se getalle van 2 652 323 in 1983 tot 4 709-889 in 1993 toegeneem het. Nooi individue om te vertel hoe hulle die waarheid geleer het deur hierdie boek te bestudeer of hoe hulle ander gehelp het deur die boek met hulle te studeer. Wys na gelang van tyd op verdere kenmerke van die boek wat beklemtoon kan word wanneer dit aangebied word.
Lied 161 en slotgebed.