Teokratiese nuus
Albanië: In Julie was daar ’n nuwe hoogtepunt van 353 verkondigers, sowel as’nnuwe hoogtepunt in tydskrifverspreiding. Gemeentelike verkondigers hetgemiddeld 22,4 uur aan die bediening bestee en 1 073 tuisbybelstudies gehou.
Groenland: In Julie was daar 134 verkondigers wat velddiens gerapporteer het. Dit was ’n nuwe hoogtepunt.
Kameroen: In Julie is ’n nuwe takkantoor opgerig, en dit het met ’n nuwe hoogtepunt van 21 323 verkondigers saamgeval.
Suid-Afrika: Buiten dié wat reeds aangekondig is, was die Sea Park- en Mfazazanegemeentes (albei aan die Natalse Suidkus) gedurende Oktober verheug om hulle nuwe Koninkryksale toe te wy. Dit beteken dat altesaam vyf Koninkryksale gedurende die naweek van 1 en 2Oktober 1994 toegewy is. Almal wat hierdie projekte ondersteun het, moet vir hulle werk bedank word.
Zaïre: Hoewel hulle met ’n rampspoedige situasie te kampe het weens honderdduisende vlugtelinge wat Zaïre binnestroom, was daar in Julie ’n nuwe hoogtepunt van 83 442 verkondigers. Die broers het ’n uitstekende poging aangewend om mekaar te help en hulle sê dat die noodlenigingswerk van ander lande baie waardeer word.