Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/94 bl. 7
  • Let voortdurend op jou onderrigting

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Let voortdurend op jou onderrigting
  • Ons Koninkryksbediening—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Skool wat ons toerus vir wat die heel belangrikste is
    Ons Koninkryksbediening—2002
  • Vind baat by die Teokratiese Bedieningskoolprogram vir 1999
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Vind baat by die Teokratiese Bedieningskool vir 1996—Deel 2
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Vind meer baat by die Teokratiese Bedieningskool
    Ons Koninkryksbediening—1986
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1994
km 12/94 bl. 7

Let voortdurend op jou onderrigting

1 Die nuwe Teokratiese Bedieningskoolprogram sal in Januarie 1995 begin. Wat is nuut omtrent die program? Die opwindende geskiedenis van Jehovah se hedendaagse organisasie sal die onderwerp van die meeste instruksietoesprake wees. Gedurende die jaar sal 178 bladsye van die boek Jehovah se Getuies—verkondigers van God se Koninkryk bespreek word. Wat kan ons doen om op ons onderrigting te let en om soveel moontlik daarby baat te vind, aangesien daar geen hersieningsvrae ná die instruksietoespraak uit die Verkondigers-boek sal wees nie?—1 Tim. 4:16, NW.

2 Hoewel baie al die Verkondigers-boek gelees het, sal dit almal help om hulle teokratiese erfenis nog meer te waardeer as die materiaal deel van die skoolrooster uitmaak (Ps. 71:17, 18). Sit gerus elke week tyd opsy om die aangewese materiaal in die Verkondigers-boek te hersien.

3 Lewendige en interessante instruksietoesprake: Instruksietoesprake uit die Verkondigers-boek moet op ’n lewendige en interessante manier gehou word. Hulle moet ook die praktiese waarde van die inligting beklemtoon en dit gebruik om ’n dieper respek vir Jehovah se organisasie en ’n groter waardering vir die voorreg wat ons as God se knegte het op te bou. As elke gesin wat die Skool bywoon ’n eksemplaar van die Verkondigers-boek na die vergadering toe bring, kan gesinslede die instruksietoespraak beter volg en by die prente en foto’s in die boek baat vind.

4 Gedagteprikkelende Bybellees: ’n Belangrike deel van doeltreffende onderrigting is om goed te lees met behoorlike beklemtoning en gevoel. Daarbenewens is daar nie ’n groot hoeveelheid toegewese materiaal wat in Toespraak nr. 2 gelees moet word nie, en daar sal gewoonlik genoeg tyd vir inleidings- en slotkommentare deur die spreker wees. Die inleiding moet belangstelling in die toegewese materiaal wek en die gehoor voorberei om die praktiese waarde daarvan te onderskei. Die slot kan verduidelikingskommentare en ’n toepassing van die materiaal insluit terwyl die spreker die aangewese tyd ten beste benut.

5 Verdere inligting oor die skoolprogram en hoe toewysings behartig moet word, kan in die “Rooster vir die Teokratiese Bedieningskool vir 1995” gevind word. Ons let op ons onderrigting deur die instruksies in hierdie materiaal te hersien, deur goed vir ons toewysings voor te berei en deur die raad wat ons ontvang, toe te pas sodat ons in die onderrig- en spreekkuns kan verbeter. Diegene wat nog nie by die skool aangesluit het nie, word hartlik uitgenooi om dit te doen.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel