Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Januarie: Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind? of Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors” teen ’n bydrae van R3,50. Februarie: Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe teen ’n bydrae van R10,50. Klein uitgawe kos R5,30. Maart: Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! teen ’n bydrae van R10,50. April en Mei: Intekening op Die Wagtoring teen ’n bydrae van R30,00 vir halfmaandelikse uitgawes. Jaarintekeninge op maandelikse uitgawes of halfjaarlikse intekeninge op halfmaandelikse uitgawes kos R15,00. Klubintekeninge kos onderskeidelik R19,00 en R9,50.
◼ Gemeentes moet gerieflike reëlings tref vir die Gedenkmaal, wat vanjaar op Vrydag, 14April, ná sononder gevier sal word. Hoewel dit verkieslik is dat elke gemeente sy eie Gedenkmaalviering hou, is dit dalk nie altyd moontlik nie. Waar ’n paar gemeentes gewoonlik dieselfde Koninkryksaal gebruik, sal dit dalk beter wees as een of meer gemeentes ander fasiliteite vir daardie aand bekom. Die Gedenkmaal moenie só laat begin dat dit vir nuwe belangstellendes ongerieflik is om dit by te woon nie. Daarbenewens moet die rooster ook nie só druk wees dat daar geen tyd voor of ná die viering is om besoekers te groet, reëlings te tref vir voortgesette geestelike hulp aan party of vir wedersydse aanmoediging nie. Nadat alle faktore deeglik oorweeg is, moet die ouere manne bepaal watter reëlings almal wat die Gedenkmaal bywoon die beste sal help om ten volle by die geleentheid baat te vind.
◼ Op Sondag, 23 April 1995, sal ’n spesiale openbare toespraak in alle gemeentes gehou word. Die tema sal wees: “Die einde van valse godsdiens is naby.” Maak seker dat almal genooi word wat die Gedenkmaal vanjaar bywoon. ’n Spesiale poging sal aangewend word om die miljoene studente te help met wie tuisbybelstudies gehou word. Inligting wat ná die vergadering daardie dag aangebied gaan word, sal hulle en ons broers in die algemeen aanspoor om uit te sien na ’n deelname aan die verspreiding van ’n spesiale traktaat. Dit sal terselfdertyd probleme uitwys waarmee mense te kampe het sowel as die belangrikheid daarvan om beslissend in ooreenstemming met God se Woord op te tree.
◼ Die nuwe openbare toespraak vir kringopsieners wat vanaf Februarie en nie later nie as 5Maart sal begin, het die tema: “Goddelike onderrigting seëvier wêreldwyd.” Dit sal ’n skyfievertoning wees wat die aandag sal vestig op die spesiale internasionale “Goddelike Onderrigting”-Streekbyeenkomste wat tydens die 1993- en 1994-diensjare gehou is. In daardie gebiede waar die skyfies eers later beskikbaar sal wees, sal kringopsieners die toespraak “Vertrou op die God van alle vertroosting” hou, en hulle sal daarmee voortgaan tot tyd en wyl die skyfies ontvang word. Wanneer alle gemeentes die skyfietoespraak gehad het, sal kringopsieners voortgaan om die toespraak “Vertrou op die God van alle vertroosting” te hou totdat die volgende nuwe toespraak vir kringopsieners vroeg in 1996 begin.
◼ Tydens die Diensvergadering vir die week van 9Januarie kan alle gedoopte verkondigers wat teenwoordig is ’n persoonlike eksemplaar van die “Advance Medical Directive/Release”-kaartjie en “Identity Card” vir hulle kinders kry.
◼ Ons jaarlikse spesiale Tydskrifdag sal op 1 April 1995 wees. Baie het dit in die verlede geniet om aan die bedrywighede van die spesiale Tydskrifdag deel te neem. Waarom beplan julle nie sommer nou al nie sodat julle hierdie jaar ’n volle aandeel kan hê? Gemeentes moet spesiale tydskrifbestellings so gou moontlik instuur.