Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/95 bl. 3
  • Neem ander in ag—Deel 1

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Neem ander in ag—Deel 1
  • Ons Koninkryksbediening—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Reëlings vir plekke van aanbidding
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • Toon jy respek vir julle Koninkryksaal?
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • ’n Nuwe program vir die bou van Koninkryksale
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Identifikasie van Koninkryksale
    Ons Koninkryksbediening—1990
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1995
km 1/95 bl. 3

Neem ander in ag—Deel 1

1 Dit verbly ons om die vooruitgang van Jehovah se volk te sien wat tot die stigting van al hoe meer gemeentes gelei het. In sommige gebiede, veral in groter stede, word die Koninkryksaalfasiliteite oorbenut aangesien verskeie gemeentes soms dieselfde Koninkryksaal moet gebruik. Hierdie situasie vereis besondere bedagsaamheid van almal wat daarby betrokke is.

2 Elke gemeente wat die Koninkryksaal gebruik, moet dit netjies en ordelik agterlaat vir die broers wat dit ná hulle gebruik. Die stoele moet reggeskuif word, alle lektuur op die toonbank moet weggesit word en enige persoonlike items wat in die Koninkryksaal rondlê, moet bymekaargemaak word. Die ruskamers moet netjies agtergelaat word, en daar moet seker gemaak word dat daar seep, handdoeke en toiletpapier is en dat die vullisblikke leeggemaakis.

3 As daar kort daarna weer ’n vergadering is, moet dié van die vroeëre vergadering nie onnodig draai nie, aangesien dit die voorbereidsels vir die volgende vergadering sal belemmer. ’n Uitgerekte geselsery kan daartoe lei dat die voorportaal oorvol raak en kan die broers ophou wat dinge vir die volgende vergadering moet reël. Daar is dalk min parkeerplek om die Koninkryksaal, en daarom sal dit vriendelik wees om gou te ry sodat dié wat inkom parkeerplek het. Daarenteen moet diegene wat die volgende vergadering bywoon nie te vroeg kom en onnodige opeenhoping in die voorportaal, kleedkamer en parkeerterrein veroorsaak nie.

4 Veral waar verskeie gemeentes die saal gebruik, moet daar noue samewerking wees wanneer reëlings vir die weeklikse skoonmaak van die Koninkryksaal getref word. Die gemeentes maak gewoonlik beurte vir ’n spesifieke tydperk. Wanneer dit julle gemeente se beurt is, moet julle seker maak dat die saal deeglik en stiptelik skoongemaak word. Dan sal die ander gemeentes wat die saal gebruik nie rede tot klagte hê nie.

5 Alle gemeentes moet nou en dan hulle vergaderingtye verander, soos wanneer die kringopsiener besoek aflê. As ’n ander gemeente daardeur geraak word, moet die ouere manne die ander gemeente lank vooruit laat weet sodat hulle hulle verkondigers so spoedig moontlik daarvan in kennis kan stel. Ook wanneer daar die een of ander goedgekeurde bedrywigheid gaan plaasvind, soos ’n Pionierdiensskool, ’n vergadering vir die kring se ouere manne of ’n troue, moet die ander gemeentes en enige kringopsieners wat daardeur geraak word lank vooruit geraadpleeg word; hulle sal dan nie reël om die Koninkryksaal terselfdertyd te gebruik nie.

6 Daar kan ook sale wees wat deur gemeentes in verskillende kringe gebruik word. Dit is noodsaaklik dat reisende opsieners wat hierdie sale besoek mekaar op hoogte hou van besoeke wat beplan word. Wanneer twee reisende opsieners besoeke vir dieselfde week reël, kan dit ter elfder ure tot veranderinge lei of ander probleme veroorsaak.

7 Liefdevolle bedagsaamheid teen-oor ander, goeie kommunikasie, voor-uitbeplanning en samewerking sal help om ’n vriendelike verhouding tussen gemeentes te behou en verseker dat “alles welvoeglik en ordelik toegaan”.—1 Kor. 14:40.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel