Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/95 bl. 3
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1995
Ons Koninkryksbediening—1995
km 2/95 bl. 3

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Februarie: Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe teen ’n bydrae van R10,50. Klein uitgawe kos R5,30. Maart: Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! teen ’n bydrae van R10,50. April en Mei: Intekening op Die Wagtoring teen ’n bydrae van R30,00 vir halfmaandelikse uitgawes. Jaarintekeninge op maandelikse uitgawes of halfjaarlikse intekeninge op halfmaandelikse uitgawes kos R15,00. Klubintekeninge kos onderskeidelik R19,00 en R9,50.

◼ Die sekretaris en die diensopsiener moet die bedrywighede van al die gewone pioniers nagaan. As enigeen van hulle dit moeilik vind om die uurvereiste te bereik, moet die ouere manne reël dat hulle gehelp word. Hersien die wenke in die Genootskap se briewe (S-201) van 1Oktober 1993 en 1 Oktober 1994. Sien ook paragrawe 12-20 in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Augustus 1986.

◼ Die Gedenkmaalviering sal op Vrydag, 14 April 1995, gehou word. Hoewel die toespraak vroeër mag begin, moet julle asseblief onthou dat die brood en wyn vir die Gedenkmaal nie voor sononder omgestuur moet word nie. Julle kan plaaslik uitvind hoe laat die son in julle omgewing ondergaan. Op daardie dag moet daar geen vergaderinge behalwe velddiensvergaderinge gehou word nie. As julle gemeente gewoonlik ’n vergadering op ’n Vrydag het, moet julle dit op ’n ander dag van die week hou indien die Koninkryksaal beskikbaaris.

◼ Aan die einde van gemeentelike vergaderinge sowel as aan die einde van die program by kringbyeenkomste en spesiale byeenkomsdae op 23 April 1995 sal ’n aankondiging gedoen word aangaande ’n spesiale werk in verband met die verspreiding van ’n traktaat met vier bladsye wat ’n tydige boodskap bevat. Verkondigers sal aangemoedig word om spesiale aandag aan opregtes van hart te gee wat ernstig nadink oor die kommerwekkende probleme wat hulle in die gesig staar en wat betroubare leiding soek. Elke verkondiger, waaronder nuwelinge wat gedurende Maart, April en Mei aan die velddiens sal begin deelneem, sal ’n volle aandeel wil hê en hulle volle ondersteuning aan hierdie spesiale kampanje wil gee.

◼ Verkondigers wat in Maart, April en Mei as hulppioniers wil dien, moet nou hulle reëlings tref en hulle aansoekvorm vroegtydig ingee. Dit sal die ouere manne help om die nodige velddiensreëlings te tref en om genoeg lektuur beskikbaar te hê.

◼ Bydraebussies by die Koninkryksaal moet duidelik gemerk wees. Wanneer bydraes gemaak word, moet julle seker maak dat hulle in die gepaste bussies gegooi word wat “Takkantoorboufonds”, “Genootskap-Koninkryksaalfonds” en “Gemeentelike bydraes” gemerk is. Die ouere manne sal dit dalk raadsaam vind om die nodige aankondiging in hierdie verband te doen. Die bydraes wat in die verskeie bussies gegooi word, moenie verander word nie. Dit is elkeen se verantwoordelikheid om die doel van sy bydrae aan te dui deur dit in die onderskeie bydraebussies te gooi. Die etikette kan by die Genootskap bestel word.

◼ Ons is bly om aan te kondig dat die agt kassette van die Kingdom Melodies nou in ’n album beskikbaar is. Die prys vir die gemeente en die publiek is R68,00 en vir pioniers R55,00. Gemeentes moet hulle pryslys ooreenkomstig bywerk. Julle kan steeds die afsonderlike kassette en die leë album bestel.

◼ Die GetVerse-program, wat in Ons Koninkryksbediening vir September 1994 aangekondig is, is nou ook beskikbaar op een 720 kilogreep-disket met ’n deursnee van 31/2 duim. Die prys vir die gemeente, die publiek en pioniers is R12,00.

◼ Gemeentes moet die 1995 Yearbook of Jehovah’s Witnesses op hulle bestelvorm vir Februarie begin bestel. Die 1995 Yearbook is beskikbaar in Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Portugees en Zulu. Jaarboeke is ’n beheerde item en sal teen R5,60 op die lektuurrekening gedebiteer word. Pioniers wat langer as ses maande op die lys is, kan ’n gratis eksemplaar ontvang waarvoor die gemeente krediet kan aanvra. Pioniers kan bykomende eksemplare teen R3,70 elk bekom.

◼ Nuwe publikasies beskikbaar:

Afrikaans: Wanneer ’n geliefde sterf (gemeente en publiek: R1,00; pioniers: R0,70). Arabies: Wanneer ’n geliefde sterf. Chicheŵa: Wanneer ’n geliefde sterf. Chinees: Wanneer ’n geliefde sterf. Cibemba: Wanneer ’n geliefde sterf. Duits: Wanneer ’n geliefde sterf. Engels: Wanneer ’n geliefde sterf. Frans: Wanneer ’n geliefde sterf. Grieks: Wanneer ’n geliefdesterf.Hongaars: Wanneer’n geliefde sterf. Italiaans: Wanneer ’ngeliefde sterf. Kroaties: Wanneer ’n geliefde sterf. Nederlands: Wanneer ’n geliefde sterf. Pools: Wanneer ’n geliefde sterf. Portugees: Wanneer ’n geliefde sterf. Roemeens: Wanneer ’n geliefde sterf. Russies: Wanneer ’n geliefde sterf. Sepedi: Wanneer ’n geliefde sterf. Serwies: Wanneer ’n geliefde sterf. Shona: Wanneer ’n geliefde sterf. Suid-Sotho: Wanneer ’n geliefde sterf. Swahili: Wanneer ’n geliefde sterf. Tsonga: Verenig in die aanbidding van die enigste ware God (gemeente en publiek: R3,50; pioniers:R2,65); Wanneer ’n geliefde sterf. Tswana: Wanneer ’n geliefde sterf. Venda: Wanneer ’n geliefde sterf. Xhosa: Wanneer ’n geliefde sterf. Zulu: 1995 Yearbook of Jehovah’s Witnesses (gemeente en publiek: R5,60; pioniers: R3,70); Wanneer ’n geliefde sterf.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel