Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/95 bl. 4
  • Jehovah is ons Skepper

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jehovah is ons Skepper
  • Ons Koninkryksbediening—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Help ander om ons Maker te eer
    Ons Koninkryksbediening—1994
  • Voorgestelde velddiensaanbiedings
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • Kennis wat van God af kom, beantwoord baie vrae
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Bied die goeie nuus met ’n positiewe gesindheid aan
    Ons Koninkryksbediening—1996
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1995
km 6/95 bl. 4

Jehovah is ons Skepper

1 Miljoene mense glo dat God lewe geskep het. Baie ander glo in evolusie. Dan is daar diegene wat nie seker is wat om te glo nie. Die boek Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? is vir al hierdie mense. Hierdie publikasie bied ’n deeglik nagevorste verduideliking van hoe lewe hier gekom het en wat dit vir ons toekoms beteken. Gedurende Junie sal ons hierdie uitstekende boek aanbied.

2 Selfs vooraanstaandes in die wetenskaplike gemeenskap het die boek se logika erken. Een wetenskaplike navorser in Nederland het geskryf: “Hierdie boek oortref werklik alle verwagtinge. Die logiese ontwikkeling van die hoofstukke en die illustrasies is wetenskaplik so op hoogte van die tyd dat jy blind moet wees om enige besware daarteen te opper.” ’n Prokureur het gesê: “Ek het dit al vier keer gelees, en ek is steeds beïndruk deur die diepte van die navorsing, vakkundigheid en dokumentasie waarmee dit saamgestel is.”Ons kan dus vol vertroue wees dat ander ook hierdie boek sal waardeer.

3 Jy verkies moontlik om ’n kort aanbieding soos die volgende te doen:

◼ Maak by bladsy 6 oop en sê: “Baie mense dink dat ons pragtige aarde en die lewe daarop per toeval ontstaan het. Wat dink jy is ’n redelike verduideliking van hoe al hierdie dinge ontstaan het? [Laat die huisbewoner antwoord.] Oorvloedige getuienis staaf die Bybelverslag van ’n Skepper wat nie net baie magtig is nie, maar ons ook baie liefhet. Hy is die ware God en sy naam is Jehovah.” Lees Psalm 83:18 (NW) en verduidelik kortliks hoe dit sy voorneme is om die hele aarde in ’n paradys te omskep.

4 As jy gou jou punt wil stel, kan jysê:

◼ “Het jy al ooit oor hierdie vraag gewonder?” Wys na die titel van die boek, blaai na bladsy 7, lees die vrae in paragraaf 2 en verduidelik dat die boek bevredigende antwoorde uit die Bybel gee.

5 Of jy kan die volgende probeer:

◼ “Het jy al ooit gewonder hoe die aarde ontstaan het? Baie hou vol dat dit die gevolg van die een of ander reusagtige kosmiese ontploffing was. Wat dink jy? [Laat die huisbewoner antwoord.] Die Bybel leer dat God die aarde as ons ewige tuiste geskep het. Dit verskil van die ander planete in ons sonnestelsel. Sover ons weet, is dit die enigste planeet in die heelal met al die komplekse voorsienings wat nodig is om lewe te onderhou.” Blaai na paragraaf 5 op bladsy 130, en verduidelik waarom die aarde die werk van ’n Meesterontwerper moet wees.

6 ’n Ander benadering kan iets soos die volgende wees:

◼ “Party mense dink dat ons uit aapmense geëvolueer het. Hulle beweer dat ons voorouers só gelyk het. [Wys die prent op bladsy 89.] Wat dink jy daarvan?” Laat die huisbewoner antwoord. Meld wat in paragraaf 20 gesê word, en lees dan Handelinge 4:24 wat Jehovah as ons Skepper en Lewegewer identifiseer. “Hierdie boek ondersoek die hele evolusieteorie met verwysing na wat die Bybel sê.” Verwys na die inhoudsopgawe op bladsy5 en noem van die titels, soos dié van hoofstukke 1,7, 15 en19.

7 Hierdie boek kan ’n seën wees vir opregte mense wat mislei is deur diegene sonder geloof in Jehovah of sy Woord. Die feitelike inligting wat die Skepping-boek bevat, kan sulke mense help om te groei in waardering vir ons Skepper, wat liefdevol vir ons sorg.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel