Help diegene sonder geloof
1 In vandag se dae het dit gewild geword om as geleerd en progressief in denke beskou te word. Menslike filosofieë en denkbeeldige teorieë word opgehemel, terwyl geestelike waardes geïgnoreer word. Opregte mense wat in eenvoudige feite en verstaanbare waarhede belangstel, sal die geleentheid verwelkom om die boek Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? te ondersoek. Hierdie boek kan diegene sonder geloof help (Rom. 1:19, 20). Ons moet beslis herbesoeke doen by almal wat belangstelling toon.
2 Jy kan jou gesprek só begin:
◼ “Ek is seker jy is bewus daarvan dat baie onderrigters die opvatting steun dat die mensdom deur evolusie hier gekom het. Dit leer dat alles per toeval bestaan. Hoe voel jy daaroor? [Laat die huisbewoner antwoord.] Daar word nog steeds na hierdie idee as ’n teorie verwys. ’n Teorie is ‘’n spekulasie’ of ‘’n veronderstelling wat nie bewys is nie’. Mense het eeue lank geglo dat die aarde plat is; nou weet ons dat dit ’n dwase veronderstelling was wat nie op feite gegrond is nie. Kan dieselfde waar wees van die evolusieteorie?” Lees die inleidende opmerkings op bladsy 4, en bespreek dan Jesaja 42:5.
3 Of jy kan hierdie benadering gebruik wanneer jy teruggaan:
◼ “Dit is iets algemeens om mense te ontmoet wat nie in God glo nie. Jare gelede was dit baie ongewoon. Waarom dink jy het soveel mense hulle geloof in God verloor? [Laat die huisbewoner antwoord.] Baie sê dat hulle hulle geloof verloor het weens die verskriklike toename in geweld en ellende in ons wêreld. Hulle redeneer: As daar ’n almagtige God is, waarom maak hy nie ’n einde aan al hierdie lyding nie? Diegene wat nie ’n bevredigende antwoord op daardie vraag kan kry nie, word dikwels ateïste. Maar daar is oorweldigende getuienis om te bewys dat God bestaan en dat hy die aarde binnekort ’n plek van geluk en vrede gaan maak.” Sit die gesprek voort deur die skriftuurlike gedagtes inparagraaf 19 op bladsy 196 te gebruik.
4 Jy kan die gesprek metjou Bybel in die hand begin deur tesê:
◼ “Ons besoek mense weer om te toon waarom ’n studie van die Bybel prakties vir ons tye is. Die meeste mense het ’n Bybel, maar min ruim tyd in om dit te lees. Party sê reguit vir ons dat hulle nie meer baie vertroue in die Bybel het nie. Hoe voel jy daaroor? [Laat die huisbewoner antwoord.] Iets wat ons oortuig dat die Bybel die geïnspireerde Woord van God is, is die vervulling van sy profesieë.” Verwys na Bybeltekste in paragraaf 6 op bladsy 234.
5 Hierdie gedagte lok dalk ’n gunstige reaksie uit:
◼ “Ons kan prag en wonderlike bewyse van wysheid in die dinge om ons op hierdie aarde sien. Hierdie mooi prent van ’n sonsondergang is ’n gepaste voorbeeld.” Wys die prent op bladsye 12 en 13. Meld gedagtes uit “Dinge om oor na te dink”, en verduidelik hoe hierdie boek bevredigende antwoorde op lewensbelangrike vrae oor ons wêreld verskaf.
6 Ons kan ’n seën vir ander wees deur hierdie boek te gebruik om hulle te help om ’n vaste grondslag vir geloof in hulle Skepper te vind.