Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir September: Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe teen die spesiale, verlaagde bydrae van R8,00. Die klein uitgawe kos R4,00. (Vir die ontoegekendegebied-kampanje geld hierdie verlaagde pryse vir die Paradys op aarde-boek vir al drie maande.) Probeer om tuisbybelstudies te begin. Oktober: Jaarintekeninge per pos op die Ontwaak! of Die Wagtoring teen ’n bydrae van R33,00 vir halfjaarlikse uitgawes. ’n Jaarintekening op maandelikse uitgawes of ’n halfjaarlikse intekening op halfmaandelikse uitgawes kos R16,50. Klubintekeninge kos onderskeidelik R19,00 en R9,50. Wend ’n spesiale poging aan om eksemplare van die tydskrifte by mense te laat wanneer die aanbod van die hand gewys word. November: Bied die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte saam met die boek Die mensdom se soekena God teen ’n bydrae van R10,90 aan.
◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangewys is, moet die gemeente se rekeninge op 1September of so gou moontlik daarna ouditeer. Stel die gemeente in kennis wanneer dit gedoenis.
◼ Die ouer manne word daaraan herinner om die instruksies op bladsye 21-3 in Die Wagtoring van 15 April 1991 deur te voer in verband met enige uitgesette of gedissosieerde persone wat dalk herstel wil word.
◼ Gemeentes moet Jehovah se Getuies se kalender vir 1996 saam met hulle lektuurbestelling vir September begin aanvra. Die kalenders sal beskikbaar wees in Afrikaans, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Portugees, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu. Dit is ’n beheerde item. Gemeentes wat nie ’n rekening by die Genootskap het nie of wat ’n nadelige saldo op hulle lektuurrekening het, moet geld saam met hulle bestelling stuur.
◼ Die Bethelhuis en -fabriek sal op Saterdag, 14 Oktober 1995, vir skoonmaakwerk gesluit wees, en daar saldus geen reëlings vir toere wees nie.
◼ Hiermee herinner ons ALLE GEMEENTES daaraan dat hulle asseblief die “Advance Medical Directive/Release”-kaarte en identifikasiedokumente so gou moontlik op die Literature Order-vorm (S-AB-14) moet bestel. Gemeentes wat nie ’n rekening by die Genootskap het nie of wat ’n nadelige saldo op hulle lektuurrekening het, moet geld saam met hulle bestelling stuur. Die mediese dokumente kos tien sent elk en die identifikasiedokumente kos agt sent elk. Bestel asseblief in veelvoude van 20, indien moontlik. Moenie hierdie kaartjies uitdeel nie, maar hou hulle totdat julle verdere instruksies van die Genootskap af ontvang.
◼ Lapelkaarte vir die 1995-streekbyeenkoms moet bestel word, en die gemeente se lektuurrekening sal met agt sent per kaartjie gedebiteer word. Gemeentes wat nie ’n rekening by die Genootskap het nie of wat ’n nadelige saldo op hulle lektuurrekening het, moet geld saam met hulle bestelling stuur. Bestel asseblief in veelvoude van 20, indien moontlik. Lapelkaarte is beskikbaar in Afrikaans, Engels, Portugees, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu. Plaas julle bestelling asseblief op die Literature Order-vorm (S-AB-14). Hierdie bestellings moet die Genootskap voor 1 November 1995 bereik. Daarna sal ons nie bestellings vir lapelkaarte behartig nie.
◼ Dit sal waardeer word as diegene wat aan die Genootskap skryf hulle naam en volledige posadres op die voorkant van die koevert, in die boonste linkerhoek of agterop die koevert, skryf. Wanneer gemeentes aan die Genootskap skryf, moet hulle asseblief die naam en nommer van die gemeente voorsien. Dit is baie belangrik aangesien dit die Genootskap help om briefwisseling te behartig.