Diensvergaderinge vir September
Week wat begin met 4 September
10 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Teokratiese nuus.
15 min: “Vereenvoudiging by die 1995-Streekbyeenkoms.” Byvoegsel. Toespraak oor paragrawe 1-8, wat deur die presiderende opsiener behartig moet word. Beklemtoon positiewe voordele van wysigings ten opsigte van geen voedselverskaffing nie.
20 min: “Help ander om hulleself te bevoordeel.” Hersien voorgestelde aanbiedings en hou dan twee kort demonstrasies.
Lied 204 en slotgebed.
Week wat begin met 11 September
5 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.
25 min: “Behou ’n gebalanseerde beskouing van rekenaartegnologie.” Byvoegsel. Vrae en antwoorde. Alle paragrawe moet gelees word.
15 min: “Watter doelwitte het jy vir jou kinders gestel?” Vrae en antwoorde. Laat een of twee voorbeeldige jongmense of ouer persone wat Jehovah van jongs af dien kortliks vertel hoe hulle ouers hulle gehelp het om betekenisvolle doelwitte te kies wat op Koninkryksbelange toegespits is.
Lied 187 en slotgebed.
Week wat begin met 18 September
10 min: Plaaslike aankondigings. Die presiderende opsiener hersien die gemeente se bedrywighede van die afgelope jaar, prys die gemeente en gee wenke vir verbetering. Beklemtoon die doelwit dat almal gereeld in die bediening moet wees en veral ongedoopte verkondigers moet help om dieselfde te doen.
10 min: “Hoe ons ons tydskrifte ten beste kan benut.” Lewendige toespraak deur diensopsiener, gegrond op paragrawe 1 tot 13 van byvoegsel.
10 min: “Gaan terug na alle belangstellendes om ander te bevoordeel.” Hersien voorgestelde aanbiedings vir herbesoeke. Die broer wat hierdie deel behartig, bespreek met twee of drie verkondigers wat hulle sal sê en vra hulle dan om hulle aanbiedings te demonstreer.
15 min: “Vereenvoudiging by die 1995-Streekbyeenkoms.” Byvoegsel. Vrae en antwoorde oor paragrawe 9-19 wat deur die gemeentelike sekretaris behartig moet word. Vestig aan die einde van die toespraak die aandag op die venster met herinneringe. Beklemtoon goeie beplanning sodat slegs die nodige voedsel en verwante items na byeenkoms gebring word.
Lied 162 en slotgebed.
Week wat begin met 25 September
5 min: Plaaslike aankondigings.
15 min: “Doen alles tot heerlikheid van God.” Toespraak en gehoorbespreking wat deur ’n ouer man behartig word. Na gelang van tyd kan bykomende kommentare gemaak word wat gegrond is op Die Wagtoring van 15 Augustus 1992, bladsye 15-20.
10 min: “Deur Jehovah ondersoek—Waarom voordelig?” Aanmoedigende toespraak deur ouer man.
15 min: “Hoe ons ons tydskrifte ten beste kan benut.” Bespreek paragrawe 14 tot 17 van byvoegsel met gehoor. Beklemtoon dat ’n spesiale poging aangewend moet word om Die Wagtoring en Ontwaak! gedurende Oktober te versprei. Aangesien die tydskrifte in ’n verskeidenheid tale uitgegee word, moet ons vir andertaliges sê dat ons hulle gereeld van tydskrifte in hulle moedertaal kan voorsien. In gebiede wat dikwels gedek word, kan die verspreiding van ons tydskrifte die doeltreffendste manier wees om belangstelling te kweek, aangesien hulle weekliks nuwe inligting voorsien. Laat ’n gesin ’n oefensessie demonstreer, soos in paragraaf 14 beskryf word. Vestig ook die aandag op ’n paar praktiese wenke om meer tydskrifte te versprei.
Lied 193 en slotgebed.