Teokratiese nuus
Suid-Afrika: Vanaf September 1994 tot Junie 1995 is 25 Koninkryksale toegewy, en ons verwag dat nog 15 sale teen die einde van Augustus 1995 toegewy sal word. Ons stel julle graag in kennis dat die volgende Koninkryksale gedurende Mei en Junie toegewy is: Lansdowne (Wes-Kaapland), Mhluzi (Middelburg), Orlando-Oos (Soweto), Manzini (Engels) (Swaziland) en Ngwelezane (Empangeni).
Ons wil graag ons opregte waardering uitspreek vir die werk wat deur die Streekboukomitees en al die vrywillige werkers gedoen is. Die gewillige gees wat deur hierdie groep werkers aan die dag gelê word, het baie tot die bevordering van ’n ywerige gees vir Koninkryksaalkonstruksie bygedra.
Ons wil julle almal graag bedank vir julle gereelde ondersteuning van die Genootskap-Koninkryksaalfonds. Dit word gebruik om al hoe meer gemeentes van Koninkryksaallenings te voorsien.