Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/95 bl. 2
  • Hou julle verstande gerig op die dinge daarbo

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hou julle verstande gerig op die dinge daarbo
  • Ons Koninkryksbediening—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • “Hou julle verstande gerig op die dinge daar bo”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Verkondig die Koninkryk
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Waar kan ek hoop vind?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Die boodskap wat ons moet verkondig
    Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1995
km 11/95 bl. 2

Hou julle verstande gerig op die dinge daarbo

1 ’n Artikel in The New York Times van 31 Desember 1994 het kommentaar gelewer oor die geslag van ons tyd en hulle uitkyk op die toekoms en het gesê: “Hulle vrees die toekoms. Hulle vrees dit met betrekking tot werk, siekte, die ekonomie en wêreldtoestande.” Daar heers oral ’n gevoel van onsekerheid oor die lewe. Ons bediening as Jehovah se Getuies bring ons daagliks in aanraking met mense wat so voel. Hoewel ons met dieselfde probleme as hulle te kampe het, stel ons geloof en vertroue in die onfeilbare beloftes van God se Woord ons in staat om ’n heel ander uitkyk op die lewe en die toekoms van die mensdom te hê.—Jes. 65:13, 14,17.

2 Ons optimisme en vaste hoop bring mee dat baie opregtes van hart na die boodskap luister wat ons na hulle neem. Baie mense wat terneergedruk en vertrap voel, vind dit vertroostend om met ons te praat. Omdat hulle hou van die dinge wat hulle hoor, stem party in om die Bybel saam met ons te studeer. Maar soms wil mense dalk eers oor hulle persoonlike probleme praat. Hoewel ons tyd daaraan kan bestee om na iemand se persoonlike sorge te luister, moet ons nie ons doel uit die oog verloor nie, en dit is om mense die positiewe waarhede van God se Woord te leer.

3 Ons wil simpatiek wees teenoor diegene wat swaar belas is. Jesus het die voorbeeld gestel toe hy, soos in Matteus 11:28 opgeteken is, gesê het: “Kom na my toe, almal wat swoeg en swaar belaai is.” Ons wil mense op dieselfde manier bemoedig. Let egter op dat Jesus aan die einde van vers 28 gesê het: “Ek sal julle verkwik.” Dit moet ons doel wees. Ons doen dit deur hulle van die verkwikkende beloftes in God se Woord te vertel. Ons moet goeie luisteraars wees, aangesien dit ons persoonlike belangstelling en besorgdheid toon en omdat dit noodsaaklik is om ons opdrag uit te voer om die goeie nuus van die Koninkryk te verkondig, waardeur ons ander help besef dat die Koninkryk die enigste betroubare oplossing vir die mensdom se probleme is.—Matt. 24:14.

4 Ons werk behels nie professionele gesondheidsorg nie. Dit is eerder soos die apostel Paulus verduidelik het, soos in 1 Timoteus 4:6 opgeteken staan, ’n bediening wat die klem lê op die “voortreflike leer”, die leringe wat in die Woord van God gevind word. Diegene met persoonlike of emosionele probleme moet dalk aangemoedig word om op Jehovah te steun. Leer hulle om hulle ‘verstande op die dinge daar bo gerig’ te hou—dinge wat met die Koninkrykshoop verband hou (Kol. 3:2). Wanneer mense hulle aandag op die Woord van God toegespits hou, kan hulle opgebou word weens die kragtige invloed wat dit op hulle lewe uitoefen.—Heb. 4:12.

5 Ons doel is dus om mense te help om hulle denke op dinge te rig wat ‘regverdig, kuis, lieflik en lofwaardig’ is (Fil. 4:8). As hulle hulle aandag op die Koninkrykshoop gevestig hou, sal hulle op dieselfde wyse as ons geseën word. Hulle sal ook die vreugde ervaar wat gepaardgaan met die kennis dat Jehovah uiteindelik al hulle probleme deur sy Koninkryk sal oplos.—Ps. 145:16.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel