Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/96 bl. 3
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1996
Ons Koninkryksbediening—1996
km 1/96 bl. 3

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Januarie: Die grootste mens wat nog geleef het teen ’n bydrae van R10,50. Februarie: Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou teen ’n bydrae van R3,50 of Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! teen ’n bydrae van R10,50. Maart: Kennis wat tot die ewige lewe lei teen ’n bydrae van R3,50. April: Jaarintekening per pos op Die Wagtoring teen ’n bydrae van R38,00 vir halfmaandelikse uitgawes. ’n Jaarintekening op maandelikse uitgawes of ’n halfjaarlikse intekening op halfmaandelikse uitgawes kos R19,00. Klubintekeninge kos R24,00 en R12,00 onderskeidelik. Wend ’n spesiale poging aan om eksemplare van die tydskrifte by mense te laat wanneer die aanbod van die hand gewys word.

◼ Gemeentes moet geskikte reëlings tref vir die Gedenkmaal, wat vanjaar op Dinsdag, 2 April, ná sononder gevier sal word. Hoewel dit verkieslik is dat elke gemeente sy eie Gedenkmaalviering hou, is dit dalk nie altyd moontlik nie. As ’n paar gemeentes gewoonlik in dieselfde Koninkryksaal vergader, sal dit dalk beter wees as een of meer van die gemeentes ander fasiliteite vir daardie aand gebruik. Die Gedenkmaal moenie só laat begin dat dit vir nuwe belangstellendes ongerieflik is om dit by te woon nie. Daarbenewens moet die rooster ook nie só druk wees dat daar geen tyd voor of ná die viering is om besoekers te groet, reëlings te tref vir voortgesette geestelike hulp aan party of vir ’n algemene uitwisseling van aanmoediging nie. Nadat alle faktore deeglik oorweeg is, moet die ouer manne bepaal watter reëlings die beste sal wees sodat diegene wat die Gedenkmaal bywoon ten volle by die geleentheid baat kan vind.

◼ Die spesiale openbare toespraak vir die 1996-Gedenkmaalseisoen sal op Sondag, 21 April, gehou word. Die tema vir die toespraak sal wees: “Bly onberispelik te midde van ’n krom geslag.” ’n Skets sal voorsien word. Die gemeentes wat daardie naweek die besoek van die kringopsiener, ’n kringbyeenkoms of ’n spesiale byeenkomsdag het, sal die spesiale toespraak die volgende week hou. Geen gemeente moet die spesiale toespraak voor 21 April hou nie.

◼ Van Februarie af, en nie later as 3 Maart nie, sal die nuwe openbare toespraak vir kringopsieners “’n Lojale gemeente onder Christus se leierskap” wees.

◼ Van 29 April 1996 af sal die boek Kennis wat tot die ewige lewe lei by die Gemeentelike Boekstudie bestudeer word.

◼ LET WEL: Dit is nie meer veilig om geld per geregistreerde pos aan die Genootskap te stuur nie. Geen vergoeding word betaal as die brief of die inhoud daarvan verlore raak nie.

Die beste manier om geld te stuur, is deur middel van ’n bankoordrag (M-65-vorm, wat julle van die Genootskap kan bestel), tjek of posorder. Dit moet per gestandaardiseerde pos gestuur word wat tans 60 sent kos.

Indien julle kontant (note) moet stuur, moet julle dit per versekerde pos stuur. Hoewel dit duurder is, is dit die veiligste manier om kontant per pos te stuur. ’n Versekerde brief moet by ’n Poskantoor ingegee word sodat ’n klerk die tarief kan bereken.

◼ Hiermee herinner ons ouer manne daaraan om eksemplare van die hersiene byvoegsels tot Ons Koninkryksbediening vir Junie 1992 en Maart 1993 aan elke pas gedoopte verkondiger te gee. Hierdie byvoegsels moet op die S-AB-14-vorm van die Genootskap bestel word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel