Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/96 bl. 3
  • Spreek met vrymoedigheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Spreek met vrymoedigheid
  • Ons Koninkryksbediening—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • Spreek God se Woord met vrymoedigheid
    Ons Koninkryksbediening—1988
  • ‘Spreek die Woord van God met vrymoedigheid’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Volg Jesus na—Preek met vrymoedigheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Op straat en in sakegebied
    Ons Koninkryksbediening—1985
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1996
km 1/96 bl. 3

Spreek met vrymoedigheid

1 In die laaste paar jaar vind verkondigers in party gebiede dit al hoe moeiliker om met mense by hulle huis te praat. Baie sê dat meer as 50 persent van die mense in hulle gebied nie tuis is wanneer hulle van huis tot huis werk nie. Gevolglik is baie van die tyd wat hulle in die veld deurbring onproduktief.

2 Jare gelede het ’n mens baie mense op ’n Sondag tuis gevind, wat oor die algemeen as ’n rusdag beskou is. Gebruike het verander. Dit is nie vandag ongewoon vir mense om sekulêre werk te doen, na die gesin se behoeftes om te sien, soos om inkopies te doen, of aan ontspanning deel te neem nie, wat hulle ook van die huis af wegneem. Dit het dus selfs op Sondae moeilik geword om van huis tot huis met mense in aanraking te kom.

3 Wanneer mense nie tuis is nie, is hulle vanselfsprekend êrens anders. Aangesien dit ons doel is om met mense te praat, kan ons gerus met diegene praat wat ons wel teëkom—op straat, in die winkel of by die werk. Dit was Paulus se gewoonte om “verbygangers” te nader om vir hulle te getuig (Hand. 17:17, NAV). Dit was destyds ’n produktiewe manier om te getuig, en dit is in ons tyd ’n produktiewe manier om te getuig.

4 Wanneer ons van huis tot huis werk, sien ons gewoonlik mense wat rustig verbyloop of dalk vir iemand wag. Op ’n mooi dag sit hulle moontlik op ’n parkbankie of werk hulle aan of was hulle hulle motor. Ons moet miskien net vriendelik glimlag en opgeruimd groet om ’n gesprek te begin. As hulle daar naby woon, kan ons selfs sê dat ons hulle waarskynlik net by hulle huis misgeloop het en dat ons nou bly is vir hierdie geleentheid om met hulle te praat. Deur die inisiatief te neem om ’n bietjie vrymoediger te wees, het baie al lonende ondervindinge geniet.

5 Vrymoedigheid lewer goeie resultate: ’n Broer vertel dat hy mense nader wat rondstaan, vir ’n bus wag, rustig verbyloop of in hulle motor sit. Met ’n hartlike glimlag en ’n opgeruimde stem nader hy mense soos ’n vriendelike buurman wat net wil kom kuier. Hy het sodoende nie net baie lektuur geplaas nie maar ook etlike Bybelstudies begin.

6 Terwyl ’n ander broer en sy vrou van huis tot huis gewerk het, het hulle ’n vrou teëgekom wat ’n groot sak kruideniersware dra. Hulle het ’n gesprek met haar aangeknoop en haar geprys omdat sy so getrou na die behoeftes van haar gesin omsien. “Maar wie”, het hulle gevra, “kan in die behoeftes van die mensdom voorsien?” Dit het die vrou se belangstelling gewek. Ná ’n kort gesprek het sy hulle na haar huis genooi waar ’n Bybelstudie begin is.

7 Wanneer jy dus weer van deur tot deur getuig, hetsy op Sondag of ’n ander dag van die week, en jy nie baie mense tuis vind nie, kan jy gerus ’n bietjie meer vrymoedigheid bymekaarskraap en met die mense praat wat jy wel teëkom—op straat of elders (1 Tess. 2:2). Jou bediening sal dalk meer produktief wees en jy sal groter vreugde in jou diens ervaar.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel