Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/96 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1996
Ons Koninkryksbediening—1996
km 4/96 bl. 7

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir April en Mei: Die Wagtoring en Ontwaak! as ’n stel teen ’n bydrae van R2,00. Bied ’n intekening op Die Wagtoring aan waar die geleentheid hom ook al voordoen. (Sien die Aankondigings in Ons Koninkryksbediening vir Maart 1996 vir die tariewe.) Junie: Kennis wat tot die ewige lewe lei teen ’n bydrae van R3,50. Julie en Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye teen ’n bydrae van R1,00 elk: Die regering wat die Paradys gaan bring, Gee God werklik vir ons om?, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, “Kyk, Ek maak alles nuut”, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Wanneer ’n geliefde sterf en Wat is die doel van die lewe—Hoe kan jy dit vind? Waar gepas, kan die brosjure Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik? aangebied word.

◼ Daar is ’n verandering in die prosedure wat gevolg word om pioniers se identifikasiekaartjies te vervang. Van nou af sal nuwe kaartjies vir pioniers wat verhuis, hulle naam verander, hulle kaartjies verloor of ’n verandering van toewysing aanvra deur die Genootskap voorsien word. Die sekretaris moet ontslae raak van enige ongebruikte kaartjies wat moontlik op lêer is. Naam- en toewysingveranderings sal op die gewone manier hanteer word, met die sekretaris wat die gepaste inligting op die keersy van die Gemeenterapport (S-1) vir die maand invul. Daarna sal die Genootskap die nuwe kaartjies vir die pioniers aan die gemeente stuur. Dit sal gewoonlik saam met die maandelikse staat kom. Enige veranderinge moet so spoedig moontlik aan die Genootskap gestuur word sodat ons lêers akkuraat en op datum gehou kan word. Daar moet ook ’n afskrif van die S-206-vorm ingevul en sonder versuim aan die Genootskap gestuur word as ’n pionier sy diens staak of afgesit word.

◼ Alle navrae in verband met die datums en plekke van streekbyeenkomste in ander lande moet aan die betrokke takkantore gerig word. Adresse van takkantore oor die hele wêreld word op die laaste bladsy van die jaarboek aangetref.

◼ Gemeentes moet die bundels van Die Wagtoring en Ontwaak! vir 1995 begin bestel. Die bundels sal in Engels, Duits en Portugees beskikbaar wees. As julle gemeente ’n lektuurrekening by die Genootskap het, moet julle nie geld saam met julle bestelling stuur nie. Julle gemeente se lektuurrekening sal daarmee gedebiteer word. Totdat die bundels beskikbaar is en versend word, sal dit op die gemeente se fakture as “Back Ordered” verskyn. Gemeentes wie se lektuurrekening ’n nadelige saldo toon, moet geld saam met hulle bestelling stuur. Die bundels is beheerde items en sal teen R22,00 elk vir die gemeente, publiek en pioniers gedebiteer word.

◼ Nuwe videokassette beskikbaar:

Kennis wat tot die ewige lewe lei (Deel 1, hoofstukke 1-3; gemeente en publiek: R52,00; pioniers: R45,00)—Engels vir dowes

“Kyk, Ek maak alles nuut” (gemeente en publiek: R52,00; pioniers: R45,00)—Engels vir dowes

Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe (Deel 2; gemeente en publiek: R52,00; pioniers: R45,00)—Engels vir dowes

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel