Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Oktober: Jaarintekeninge per pos op die Ontwaak! of Die Wagtoring teen ’n bydrae van R38,00 vir halfmaandelikse uitgawes. ’n Jaarintekening op maandelikse uitgawes of ’n halfjaarlikse intekening op halfmaandelikse uitgawes is R19,00. Klubintekeninge kos onderskeidelik R24,00 en R12,00. Wend ’n spesiale poging aan om eksemplare van die tydskrif te laat wanneer die aanbod van die hand gewys word. November: Kennis wat tot die ewige lewe lei teen ’n bydrae van R3,50. ’n Spesiale poging moet aangewend word om terug te gaan na almal by wie daar ’n boek gelaat is, met die doel om tuisbybelstudies te begin. Desember: Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte saam met die boek Die Bybel—God se woord of die mens s’n? teen ’n bydrae van R9,10. Januarie: Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind? en Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors” teen ’n bydrae van R3,50 elk.
◼ Die byvoegsel “Rooster vir die Teokratiese Bedieningskool vir 1997” in hierdie nommer van Ons Koninkryksbediening moet gehou word sodat daar gedurende 1997 deurgaans daarna verwys kan word.
◼ Gemeentes kan nou die 1997-jaarteks bestel, wat teen R13,00 elk in Afrikaans, Engels, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu beskikbaar is. Die koste sal teen die lektuurrekening gedebiteer word. Gemeentes wat ’n nadelige saldo op hulle lektuurrekening het, moet kontant saam met hulle bestelling stuur. Ons stel voor dat alle gemeentes die nuwe jaarteks teen 1 Januarie 1997 vertoon.
◼ Gemeentes moet Ondersoek die Skrif elke dag—1997 van 1 Oktober af saam met hulle gereelde lektuurbestelling begin bestel. Die boekies sal beskikbaar wees in Afrikaans, Chichewa, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Kwanyama, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa en Zulu. Totdat hierdie boekies beskikbaar is en versend word, sal hulle as “Back Ordered” op gemeentelike fakture verskyn. Die Ondersoek die Skrif-boekies is ’n beheerde item en sal teen R1,80 elk teen die lektuurrekening gedebiteer word, wat die prys vir verkondigers en pioniers is. Gewone en spesiale pioniers wat voor 1 Julie 1996 op die lys was, kan een gratis eksemplaar ontvang. Gemeentes wat nie ’n rekening by die Genootskap het nie of ’n nadelige saldo op hulle lektuurrekening het, moet kontant saam met hulle bestelling stuur. ’n Afsonderlike inskrywing moet op die Remittance and Credit Request-vorm (S-AB-20) gemaak word om die gratis eksemplare vir pioniers aan te dui. Dit moet deur die gemeente bestel word. ONS MOEDIG ELKE GESINSLID AAN, MET INBEGRIP VAN KINDERS WAT KAN LEES, OM HULLE EIE EKSEMPLAAR VAN HIERDIE BOEKIE TE HÊ.
◼ Presiderende opsiener: Maak asseblief seker dat die rapport vir julle Ontoegekendegebied-toewysing ingevul en voor of op 15 November 1996 aan die Genootskap teruggestuur word. Maak ook seker dat die regte posgeld betaal word. Indien daar enige uitsonderlike ondervindinge van die ontoegekendegebied-kampanje is, sal ons dit waardeer as ons dit saam met die rapport kan ontvang.
◼ Daar sal op 1 November 1996 ’n algemene verhoging van lektuurpryse wees. Raadpleeg asseblief die Pryslys wat ons aan elke gemeente gestuur het vir verdere besonderhede.
◼ Nuwe videokassette beskikbaar:
The New World Society in Action (’n Oorsig van die geskiedkundige rolprent met dieselfde titel wat in 1954 vrygestel is; gemeente en publiek: R52,00; pioniers: R45,00)—Engels