Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/96 bl. 11
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Progressiewe kykie na die dringende dissipelmaakwerk
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Hoe om dissipels te maak met die Kennis-boek
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Hoe om ’n Bybelstudie te hou wat tot doop lei – Deel twee
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1996
km 10/96 bl. 11

Vraebus

◼ Hoe lank moet ’n formele Bybelstudie in die Kennis-boek met iemand gehou word?

Jehovah seën vandag sy organisasie. Ons sien elke jaar bewys hiervan namate duisende nuwelinge hulle standpunt vir die waarheid inneem. Die Kennis-boek is ’n doeltreffende hulpmiddel om dit te doen. Die Wagtoring van 15 Januarie 1996 het daarop gewys dat hierdie boek bedoel is om ’n Bybelstudent te help om nogal vinnig geestelike vooruitgang te maak, sodat hy miskien binne ’n paar maande gedoop kan word.

Om hierdie rede het dieselfde Wagtoring op bladsy 17 voorgestel: “Nadat ’n individu sy Bybelstudie in die Kennis-boek voltooi het en gedoop is, sal dit dalk nie nodig wees om ’n formele studie met hom uit ’n tweede boek . . . te hou nie.”

Wat van iemand wat nie gedoop word nadat die Kennis-boek voltooi is nie? Ons Koninkryksbediening vir Junie 1996, bladsy 6, paragraaf 23, het ons herinner aan die punt wat Die Wagtoring gestel het om nie bykomende boeke met dieselfde student te studeer nadat die Kennis-boek voltooi is nie. Beteken dit dat ons nie daarin belangstel om ’n Bybelstudent verder te help nie? Nee. Ons wil hê dat mense ’n basiese kennis van die waarheid opdoen. Maar daar word verwag dat ’n doeltreffende onderrigter binne ’n relatief kort tydperk ’n opregte, gemiddelde student sal kan help om genoeg kennis op te doen om ’n ingeligte besluit te neem om Jehovah te dien. Party Bybelstudente sal dalk weens hulle persoonlike omstandighede selfs versoek om meer as een keer per week ’n studie te hê.

Party studente sal weliswaar stadiger vordering maak as ander. Maar as die persoon nie besluit het om met die gemeente te begin omgaan nadat die Kennis-boek bestudeer is nie, wat dalk langer geduur het as normaalweg, moet die verkondiger die situasie met een van die ouer manne op die Gemeentelike Dienskomitee bespreek. As daar versagtende of ongewone omstandighede betrokke is, sal verdere hulp dalk geregverdig wees. Dit is in ooreenstemming met die beginsel wat in paragrawe 11 en 12 op bladsy 17 van Die Wagtoring van 15 Januarie 1996 uiteengesit word.

Waardering vir die verkryging van selfs ’n basiese kennis van die waarheid behoort ’n student te beweeg om Christelike vergaderinge by te woon. Dit kan daartoe lei dat die student duidelike blyke lewer van sy begeerte om Jehovah te dien. Indien sulke geestelike waardering nie duidelik is nadat die studie in die Kennis-boek ’n redelik lang tyd gehou is nie, sal dit dalk raadsaam wees om die studie te staak.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel