Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/96 bl. 3
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1996
Ons Koninkryksbediening—1996
km 11/96 bl. 3

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir November: Kennis wat tot die ewige lewe lei teen ’n bydrae van R4,00. ’n Spesiale poging moet aangewend word om terug te gaan na almal by wie daar ’n boek gelaat is, met die doel om tuisbybelstudies te begin. Desember: Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte saam met die boek Die Bybel—God se woord of die mens s’n? teen ’n bydrae van R10,00. Januarie: Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind? en Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors” teen ’n bydrae van R4,00 elk. Februarie: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R12,00 vir die groot uitgawe en R6,00 vir die klein uitgawe.

◼ Gemeentes wat nog ’n voorraad van Koninkryksnuus nr. 34 het, kan die verkondigers aanmoedig om dit op dieselfde manier as die ander traktate aan te bied, hetsy van huis tot huis of elders. Indien dit toelaatbaar is, kan die verkondigers een by elke huis laat waar niemand tuis is nie, nadat hulle seker gemaak het dat dit heeltemal uit sig van verbygangers is. ’n Poging moet aangewend word om al die oorblywende eksemplare van hierdie waardevolle boodskap te versprei.

◼ HERINNERING: Almal sien met groot afwagting uit na die “Boodskappers van Goddelike Vrede”-Streekbyeenkoms hierdie Desember. Gaan jy daar wees? Het jy jou sake so gereël dat jy al drie dae daar sal wees? Vanjaar gaan ons kleiner streekbyeenkomste op gerieflike plekke hê, en op party plekke gaan ons nuwe terreine gebruik. (Sien Die Wagtoring van 1 Junie 1996 vir die byeenkomshoogtepunte.) Hierdie tydige program gaan geloofversterkend wees. Maak asseblief seker dat jy vroegtydig jou lapelkaart vir die byeenkoms kry. Elke verkondiger moet een gedurende die byeenkoms dra, aangesien dit jou as een van Jehovah se Getuies sal identifiseer. Die lapelkaarte sal nie by die byeenkomste beskikbaar wees nie.

◼ Wanneer julle aan die Genootskap skryf oor ’n intekening wat nie ontvang is nie, moet julle asseblief ’n afskrif van die betrokke “Weeklikse intekeninge”-vorm (M-203) en intekeningstrokie saamstuur. Dit sal voorkom dat die hantering van die navraag onnodig vertraag word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel